close
Gaan na inhoud

Marizanne Kapp

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Marizanne Kapp
BERJAYA
Marizanne Kapp in 2017
Volle naam Marizanne Kapp
Gebore 4 Januarie 1990 (1990-01-04) (36 jaar oud)
Port Elizabeth, Suid-Afrika
Bynaam(e) Kappie
Kolfstyl Regshandig
Boulstyl Regterarm medium
Rol Veelsydig
Internasionale geskiedenis
Toetsdebuut (no 52) 16 November 2014 v Indië
Laaste Toets 28 Junie 2024 v Indië
EDI debuut (no 54) 10 Maart 2009 v Australië
Laaste EDI 2 November 2025 v Indië
EDI hempno. 7
T20I debuut (no 19) 16 Junie 2009 v Australië
Laaste T20I 20 Oktober 2024 v Nieu-Seeland
T20I hempno. 17
Eersterangse spaninligting
Jaar(e) Span
Oostelike Provinsie
Loopbaanstatistiek
Kompetisie Toetse EDI T20I
Wedstryde 2 126 84
Lopies aangeteken 212 2017 1046
Kolfgemiddeld 70.66 28.81 19.01
100s/50s 0/0 1/9 0/1
Hoogste telling 150 102* 56*
Aflewerings geboul 222 5229 1450
Paaltjies 0 134 66
Boulgemiddeld 23.88 19.96
5 paaltjies in 'n kolfbeurt 0 0 0
10 paaltjies in 'n wedstryd 0 n/a n/a
Beste boulontleding 4/14 4/6
Vangskote/Stonkings 1/– 29/– 18/–
Bron: ESPNcricinfo, 3 November 2025

Marizanne Kapp (gebore 4 Januarie 1990) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale krieketspeler wat 146 EDI- en 113 T20I- wedstryde vir die Suid-Afrikaanse nasionale vrouekrieketspan gespeel het sedert haar debuut in 2009.[1] Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2009, 2013, 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2009, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval.[2] Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor.[3] Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.[4]

Persoonlike lewe

[wysig | wysig bron]

In Julie 2018 is Kapp saam haar spanmaat Dane van Niekerk getroud.[5]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Marizanne Kapp". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
  2. (en) Shashank Kishore (26 Februarie 2023). "Mooney's 74* leads clinical Australia to sixth T20 World Cup title". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
  3. (en) Shashank Kishore (20 Oktober 2024). "Kerr, Halliday deliver World Cup glory on dream day for NZ cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
  4. (en) Karthik Krishnaswamy (2 November 2025). "Deepti, Shafali star as India savour World Cup glory". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
  5. (en) Elri Boucher (28 Julie 2025). "Proteas power couple share how setbacks strengthened their cricket love". Nuus24. Besoek op 8 Julie 2026.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal.