Laura Wolvaardt
| Laura Wolvaardt | ||||||
|---|---|---|---|---|---|---|
| Volle naam | Laura Wolvaardt | |||||
| Gebore | 26 April 1999 Milnerton, Wes-Kaap, Suid-Afrika | |||||
| Kolfstyl | Regshandig | |||||
| Rol | Openingskolwer | |||||
| Internasionale geskiedenis | ||||||
| Toetsdebuut (no 66) | 27 Junie 2022 v Engeland | |||||
| Laaste Toets | 15 Desember 2024 v Engeland | |||||
| EDI debuut (no 74) | 7 Februarie 2016 v Engeland | |||||
| Laaste EDI | 2 November 2025 v Indië | |||||
| EDI hempno. | 14 | |||||
| T20I debuut (no 43) | 1 Augustus 2016 v Ierland | |||||
| Laaste T20I | 23 Junie 2025 v Wes-Indië | |||||
| T20I hempno. | 14 | |||||
| Eersterangse spaninligting | ||||||
| Jaar(e) | Span | |||||
| 2013/14–2022/23 | Westelike Provinsie Vroue | |||||
| 2017/18–2018/19 | Brisbane Heat | |||||
| 2020/21–tans | Adelaide Strikers | |||||
| 2021–2022 | Northern Superchargers | |||||
| 2022 | Velocity | |||||
| 2023–tans | Gujarat Giants | |||||
| 2023–2024 | Manchester Originals | |||||
| 2023/24–tans | Noordelikes | |||||
| 2025 | Southern Brave | |||||
| Loopbaanstatistiek | ||||||
| Kompetisie | Toetse | EDI | T20I | |||
| Wedstryde | 4 | 118 | 83 | |||
| Lopies aangeteken | 255 | 5121 | 2088 | |||
| Kolfgemiddeld | 31.87 | 50.20 | 34.80 | |||
| 100s/50s | 1/1 | 10/38 | 1/12 | |||
| Hoogste telling | 122 | 184* | 102 | |||
| Vangskote/Stonkings | 1/– | 4/– | 17/– | |||
| Bron: ESPNcricinfo, 5 Oktober 2025 | ||||||
Laura Wolvaardt (gebore 26 April 1999) is 'n Suid-Afrikaanse internasionale vrouekrieketspeler, wat haar land verteenwoordig in toets-, EDI- en T20I-krieket. Sy is 'n openingskolwer en in plaaslike krieket speel sy vir die Westelike Provinsie-vroue. Sy studeer tans aan Parklands College.
In Augustus 2016 word Wolvaardt die jongste centurion, manlik of vroulik, vir Suid-Afrika in internasionale krieket.[1] As 'n 17-jarige het die aanvangskolwer 'n wedstrydwenner van 105 lopies gemoker teen Ierland se vrouespan om 'n 67-lopie oorwinning te verseker in Malahide, Ierland.[2] In Mei 2017 is sy aangewys as "vrouenuweling van die Jaar" by Krieket Suid-Afrika se jaarlikse toekennings.[3]
Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2018, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval.[4] Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor.[5] Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.[6]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Women's World Cup – Eight youngsters to watch". Internasionale Krieketraad. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "Wolvaardt becomes youngest centurion for South Africa". ESPNcricinfo. 9 Augustus 2016. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "De Kock dominates South Africa's awards". ESPNcricinfo. 14 Mei 2017. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) Shashank Kishore (26 Februarie 2023). "Mooney's 74* leads clinical Australia to sixth T20 World Cup title". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) Shashank Kishore (20 Oktober 2024). "Kerr, Halliday deliver World Cup glory on dream day for NZ cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) Karthik Krishnaswamy (2 November 2025). "Deepti, Shafali star as India savour World Cup glory". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Laura Wolvaardt.- (en) Laura Wolvaardt by ESPNcricinfo
| Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
