Chloe Tryon
| Chloe Tryon | ||||||
|---|---|---|---|---|---|---|
| Chloe Tryon in 2019 | ||||||
| Volle naam | Chloe-Lesleigh Tryon | |||||
| Gebore | 25 Januarie 1994 Durban, Suid-Afrika | |||||
| Kolfstyl | Regshandig | |||||
| Boulstyl | Linkerarm mediumvinnig | |||||
| Rol | Veelsydig | |||||
| Internasionale geskiedenis | ||||||
| Enigste Toets (no 56) | 16 November 2014 v Indië | |||||
| EDI debuut (no 60) | 21 Oktober 2011 v Engeland | |||||
| Laaste EDI | 30 Januarie 2020 v Nieu-Seeland | |||||
| EDI hempno. | 25 | |||||
| T20I debuut (no 22) | 5 Mei 2010 v Wes-Indië | |||||
| Laaste T20I | 5 Maart 2020 v Australië | |||||
| Eersterangse spaninligting | ||||||
| Jaar(e) | Span | |||||
| KwaZulu-Natal Vroue | ||||||
| Loopbaanstatistiek | ||||||
| Kompetisie | Toets | EDI | T20I | |||
| Wedstryde | 1 | 57 | 34 | |||
| Lopies aangeteken | 30 | 919 | 308 | |||
| Kolfgemiddeld | 30.00 | 22.97 | 22.00 | |||
| 100s/50s | 0/0 | 0/6 | 0/0 | |||
| Hoogste telling | 30* | 92 | 40 | |||
| Aflewerings geboul | 114 | 1345 | 445 | |||
| Paaltjies | 1 | 24 | 19 | |||
| Boulgemiddeld | 55.00 | 36.70 | 26.05 | |||
| 5 paaltjies in 'n kolfbeurt | 0 | 0 | 0 | |||
| 10 paaltjies in 'n wedstryd | 0 | n/a | n/a | |||
| Beste boulontleding | 1/55 | 2/10 | 2/8 | |||
| Vangskote/Stonkings | 0/– | 11/– | 7/– | |||
| Bron: ESPNcricinfo, 10 Maart 2020 | ||||||
Chloe-Lesleigh Tryon (gebore 25 Januarie 1994), is 'n Suid-Afrikaanse vrouekrieketspeler. Sy speel vir Suid-Afrika in al die formate van die spel.[1] In haar debuut vir Suid-Afrika, 'n T20I-wedstryd teen die Wes-Indiese Eilande tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2010 het sy twee paaltjies in haar eerste boulbeurt geneem. In dieselfde wedstryd word sy die eerste vrouekrieketspeler om 'n paaltjie te neem met die eerste bal van haar loopbaan in vroue-T20I.[2][3] Sy het saam met Suné Luus die rekord opgestel vir die hoogste sesde EDI-paaltjievennootskap met 142 lopies.[4][5]
Sy is aangewys in die Suid-Afrikaanse groep vir die T20I-vrouewêreldbeker 2024[6] en vir hulle multi-formaat tuisreeks teen Engeland in November 2024.[7][8] Sy het onder meer tydens die vrouekrieketwêreldbekertoernooie in 2013, 2017, 2022 en 2025, asook die T20I-vrouewêreldbekertoernooie in 2010, 2014, 2016, 2018, 2020, 2023, 2024 en 2026 vir Suid-Afrika gespeel. Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2023 het die Proteas vir die eerste keer ’n wêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – gehaal, maar met 19 lopies teen Australië vasgeval.[9] Een jaar later het die vrouespan in hulle tweede agtereenvolgende T20I-vrouewêreldbekereindstryd verskyn, maar dié keer met 32 lopies teen Nieu-Seeland verloor.[10] Tydens die Vrouekrieketwêreldbeker 2025 was die Suid-Afrikaners weer baanbrekers en het vir die eerste keer na ’n krieketwêreldbekereindstryd – beide mans en vroue – deurgedring, waar hulle egter met 52 lopies deur die medegasvroue Indië geklop is.[11]
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "Chloe Tryon". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "WI Women vs SA Women, 1st Match, Group A at Basseterre, May 05 2010 – Full Scorecard". ESPNcricinfo. 5 Mei 2010. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "Wicket with first ball in career in WT20Is". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "1st ODI: Ireland Women v South Africa Women at Dublin, Aug 5, 2016". ESPNcricinfo. 5 Augustus 2016. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "Highest partnerships by wicket in WODIs". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) "CSA Names Proteas Women Squad For Pakistan Series And T20 World Cup In UAE". Krieket Suid-Afrika. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 September 2024. Besoek op 17 September 2024.
- ↑ (en) "CSA Names Proteas Women Squads To Face England In T20I And ODI Series". Krieket Suid-Afrika. Besoek op 12 November 2024. [dooie skakel]
- ↑ (en) Mike Peter (11 November 2024). "South Africa rest Kapp for T20 series with England". BBC. Besoek op 12 November 2024.
- ↑ (en) Shashank Kishore (26 Februarie 2023). "Mooney's 74* leads clinical Australia to sixth T20 World Cup title". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) Shashank Kishore (20 Oktober 2024). "Kerr, Halliday deliver World Cup glory on dream day for NZ cricket". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
- ↑ (en) Karthik Krishnaswamy (2 November 2025). "Deepti, Shafali star as India savour World Cup glory". ESPNcricinfo. Besoek op 8 Julie 2026.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Chloe Tryon.- (en) Chloe Tryon by ESPNcricinfo
| Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Engelse Wikipedia vertaal. |
