Mercosur
| |||||
| Nasionale leuse: Nuestro norte es el Sur[1] (Spaans) Nosso norte é o Sul (Portugees) Yvy mba'e yvate ojehegui (Guaraní) Jiwasan alay tuqinx aynach tuqinkiwa (Aymara) Nortenchikqa Surmi (Quechua) (Afrikaans: "Ons noorde is die suide") | |||||
| Volkslied: geen | |||||
| Hoofstad | |||||
| Grootste stad | |||||
| Amptelike tale | Guaraní, Spaans en Portugees | ||||
| Regering • President |
Streeksorganisasie Luiz Inácio Lula da Silva | ||||
| Onafhanklikheid Stigting • Iguaçú-verklaring • Buenos Aires-wet • Verdrag van Asunción • Protokol van Ouro Preto |
30 November 1985 6 Julie 1990 26 Maart 1991 16 Desember 1994 | ||||
| Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
14 869 775[2] km2 (–) 5 741 252 myl2 1,0 | ||||
| Bevolking - 2024-skatting - Digtheid |
295 007 000[2] (–) 19,3 / km2 (–) 51,4 / myl2 | ||||
| BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2019-skatting | ||||
| MOI (2023) | |||||
| Geldeenheid | Vyf geldeenhede (–) | ||||
| Tydsone - Somertyd |
BRT (UTC-2 tot -5) BRST (UTC-2 tot -5) | ||||
| Internet-TLD | Geen | ||||
| Skakelkode | + | ||||
Die Suidelike Gemeenskaplike Mark (Spaans: Mercado Común del Sur, afgekort Mercosur; Portugees: Mercado Comum do Sul, afgekort Mercosul; Guaraní: Ñemby Ñemuha) is 'n internasionale organisasie van vyf Suid-Amerikaanse lande wat 'n binnemark tussen sy lidlande geskep het. Die grondslag vir Mercosur is in 1991 met die Verdrag van Asunción en in 1994 met die Protokol van Ouro Preto gelê. Argentinië, Bolivië, Brasilië, Paraguay en Uruguay is volle lede, terwyl Chili, Colombia, Ecuador, Guyana, Panama, Peru en Suriname geassosieerde lande is. Venezuela is ook 'n volle lid, maar sedert 1 Desember 2016 geskors.[5] Die hoofkantoor van Mercosur is in Montevideo, Uruguay, gesetel.

Saam met die Andesgemeenskap is Mercosur een van die twee belangrike Suid-Amerikaanse handelsblokke. Die volle lede Argentinië, Brasilië, Paraguay en Uruguay is ook die stigtingslede van die Suidelike Gemeenskaplike Mark en op 8 Julie 2024 het Bolivië 'n volle lid geword. Mercosur en die Andesgemeenskap (Bolivië, Colombia, Ecuador en Peru) het in 1999 begin onderhandel oor die samesmelting van die twee organisasies. Op 8 Desember 2004 is die nuwe organisasie gestig as die Suid-Amerikaanse Stategemeenskap, 'n vryhandelsone soortgelyk aan die Europese Unie.
Die internasionale organisasie is op 26 Maart 1991 met die ondertekening van die Verdrag van Asunción gestig. Vandag is dit 'n binnemark wat sowat 15 000 000 km² beslaan met 'n bevolking van byna 300 000 000.[2] Mercosur het in 2019 'n bruto binnelandse produk van sowat $6,7 miljard gegenereer.[3] Die uitvoere se waarde het in 2020 $400 miljard en dié van die invoere sowat $330 miljard beloop.[6]
Lidlande
[wysig | wysig bron]
Volle lede
Geassosieerde lede
Waarnemende lede
Geskorste lede

| Datum | Geskiedenis van Mercosur-lidmaatskap | No. |
|---|---|---|
| 26 Maart 1991 | 4 | |
| 28 Junie 2012 | 5 | |
| 8 Julie 2024 | 6 |
Geskorste lede
[wysig | wysig bron]
Venezuela (2016)
Geassosieerde lede
[wysig | wysig bron]Waarnemende lede
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (es) "Por qué Venezuela no puede presidir el Mercosur, según la "Triple Alianza"". Analítica. 3 Augustus 2016. Besoek op 18 Desember 2025.
- 1 2 3 (en) "MERCOSUR in figures". Mercosur. Besoek op 18 Desember 2025.
- 1 2 3 4 5 (en) "Mercosur". Internasionale Monetêre Fonds. April 2019. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Junie 2020. Besoek op 7 Junie 2020.
- ↑ Bereken volgens die UNDP-data vir die lidlande met geweegde bevolking.
- ↑ (en) "Countries". Mercosur. Besoek op 18 Desember 2025.
- ↑ (de) "Mercosur – Gesamthandelsvolumen und Handelsbilanz (Import und Export) im Güterhandel bis 2022". Statista. Besoek op 18 Desember 2025.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Mercosur". Encyclopædia Britannica. Besoek op 18 Desember 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Mercosur.- (en) (es) (pt) Amptelike tuisblad
