close
Gaan na inhoud

Nevada

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Deelstaat Nevada
alt alt
Vlag van Nevada Seël
Bynaam(e): Silver State, Sagebrush State, Battle Born State
alt
Kaart van die Verenigde State met Nevada uitgelig
Amptelike taal(e) Engels (de facto)
HoofstadCarson City
Grootste stadLas Vegas
Area 7de in die V.S.
 - Totaal286 367 km2
 - Wydte519 km
 - Lengte788 km
 - Water1 971 km2
 - % water0,69 %
 - Breedtegraad35° N tot 42° N
 - Lengtegraad114° 2′ W tot 120° W
Bevolking 36ste in die V.S.
 - Totaal2 700 551
 - Digtheid9,43/km2
36ste in die V.S.
Hoogte 
 - Hoogste punt Boundary Peak
4 005 m
 - Gemiddeld1 676 m
 - Laagste puntColoradorivier
146 m
Toetrede tot die Unie  31 Oktober 1864 (36ste)
GoewerneurJoe Lombardo (R)
Luitenant-GoewerneurStavros Anthony (R)
WetgewerNevada Wetgewer
 - HoërhuisSenaat
 - LaerhuisHuis van Verteenwoordigers
V.S. SenatoreCatherine Cortez Masto (D)
Jackie Rosen (D)
Tydsone Mountain: UTC-7/DST-6
Afkortings NV US-NV
Webbladwww.nv.gov

Nevada (Engels: State of Nevada) is 'n deelstaat in die weste van die Verenigde State van Amerika. Dit is die 36ste deelstaat wat tot die Unie toegelaat is. Die hoofstad is Carson City en die grootste stad is Las Vegas.

Nevada het 'n oppervlakte van 286 367 vierkante kilometer en 'n bevolking van sowat 2,7 miljoen. Nevada word in die noorde deur Oregon en Idaho, in die ooste deur Utah, in die suide deur Arizona en Kalifornië, en in die weste deur Kalifornië begrens. Dit het 'n droë klimaat weens sy geografiese ligging in die Mojave-woestyn. In die algemeen kry Nevada relatief min reënval.

Die berugte en geheime Area 51 lugmagbasis is in Nevada geleë.

BERJAYA
Virginia City
BERJAYA
Black Rock Desert
BERJAYA
Skadu's gooi in Black Rock Desert
BERJAYA
'n Vallei naby Pyramid Lake
BERJAYA
Yucca Mountain
BERJAYA
Hooverdam
BERJAYA
Lugaansig van die Hooverdam op die grens tussen Nevada en Arizona
BERJAYA
Landing in Las Vegas
BERJAYA
Panorama Towers - woonsteltorings in Las Vegas
BERJAYA
Parys in die woestyn
BERJAYA
Las Vegas: The Venetian Hotel met Dollarpaleis (kasino)
BERJAYA
Las Vegas: The Venetian Hotel
BERJAYA
Leaving Las Vegas

Nevada se byname is Silver State, Sagebrush State en Battle Born State. Wildeals - 'n hoogs aromtiese silwergrys kruidplant met geel bloeisels wat in Engels sagebrush genoem word - is Nevada se amptelike staatsplant. Wildeals-steppe beslaan sowat veertig persent van die deelstaat se oppervlakte. Indiane het wildeals as kleur- en brandstof, as medisinale plant en vir rituele doeleindes gebruik. As dit verbrand word, versprei dit 'n aangename reuk wat aan appelsider herinner.[1]


Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. Eleanor Coerr: S is for Silver: A Nevada Alphabet. Ann Arbor, MI: Sleeping Bear Press 2010

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Toerisme en kultuur

Geskiedenis

Tydskrifte en aanlynbronne

Mynbou

Vlag van die Verenigde State Verenigde State van Amerika Seël van die Verenigde State
DeelstateAlabamaAlaskaArizonaArkansasColoradoConnecticutDelawareFloridaGeorgiaHawaiiIdahoIllinoisIndianaIowaKaliforniëKansasKentuckyLouisianaMaineMarylandMassachusettsMichiganMinnesotaMississippiMissouriMontanaNebraskaNevadaNew HampshireNew JerseyNieu-MeksikoNew YorkNoord-CarolinaNoord-DakotaOhioOklahomaOregonPennsilvaniëRhode IslandSuid-CarolinaSuid-DakotaTennesseeTexasUtahVermontVirginiëWashingtonWes-VirginiëWisconsinWyoming
Federale distrikDistrik Columbia (Washington, D.C.)
EilandgebiedeAmerikaanse Maagde-eilandeAmerikaans-SamoaGuamNoordelike Mariana-eilandePuerto Rico
Klein afgeleë eilandeBakerHowlandJarvisJohnstonKingmanMidwayNavassaPalmyraWake
Geassosieerde landeGefedereerde State van MikronesiëMarshalleilandePalau