Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Krieket is ’n boul-en-kolf-sport wat gespeel word tussen twee spanne met elf spelers elk op ’n krieketveld met ’n 22-jaart-kolfblad (20 meter) in die middel met ’n paaltjie aan weerskante wat bestaan uit twee dwarsbalkies op drie paaltjies. Twee spelers van die kolfspan, die aktiewe en onaktiewe kolwer, staan elk met ’n kolf in hulle hande voor elke paaltjie, terwyl ’n speler van die veldwerkspan, die bouler, die bal van die teenoorliggende kant van die kolfblad na die aktiewe kolwer se paaltjie boul. Die aktiewe kolwer probeer die geboulde bal met sy kolf slaan en ruil dan sy plek met die onaktiewe kolwer om, waarby die kolfspan met elkeen van dié bewegings ’n lopie aanteken. Lopies word ook aangeteken wanneer die bal die veldgrens raak of wanneer die bal onwettig geboul word. Die veldwerkerspan probeer lopies voorkom deur die kolwers uit te skakel (hulle is “uit”, hulle het hul paaltjies verloor). ’n Uitskakeling kan op verskeie maniere behaal word, waaronder uitgeboul, wanneer ’n geboulde bal ’n paaltjie tref en die dwarsbalkies afval, wanneer die veldwerkspan ’n geslane bal vang voordat dit die grond raak, of om ’n paaltjie met ’n bal te tref voordat ’n kolwer sy kolfkampie voor die paaltjie bereik het om ’n lopie aan te teken. Sodra tien kolwers uitgeskakel is, eindig die kolfbeurt en die spanne verander van rolle. Krieketformate sluit in tradisionele toetswedstryde wat oor vyf dae gespeel word, internasionale eendagwedstryde (EDI) oor 50 boulbeurte oftewel een dag, tot Twintig20 (T20), met elke span wat vir 20 boulbeurte kolf (elke boulbeurt bestaan uit ses wettiglik geboulde balle wat die kolfspan die geleentheid bied om lopies aan te teken) en ’n wedstryd wat gewoonlik drie uur neem. Tradisioneel speel krieketspelers in ’n volledige wit uitrusting, maar in kleiner formate dra hulle klub- of spankleure. Bykomend tot die gewone uitrusting dra sommige spelers beskermende uitrusting om moontlike beserings te verhoed deur die bal, ’n harde, soliede sferoïed, gemaak van saamgeperste leer met ’n effens verhewe toegewerkte naat uit ’n styf gewikkelde tou wat ’n kurkkern omsluit. Die wedstryd word deur twee skeidsregters beheer, ondersteun deur ’n derde skeidsregter en ’n wedstrydbeampte in internasionale wedstryde. Die vroegste bekende verwysing na krieket dateer uit die middel-16de eeu in Suidoos-Engeland. Dit het met die uitbreiding van die Britse Ryk wêreldwyd versprei, met die eerste internasionale wedstryde wat in die tweede helfte van die 19de eeu gespeel is. Die sport se beheerliggaam is die Internasionale Krieketraad (IKR), wat in 1909 gestig is en nou meer as ’n 100 lede het, waarvan twaalf volle lede toetswedstryde mag speel. Die speelreëls, die krieketwette, word deur die Marylebone-krieketklub (MKK) in Londen behartig. Die sport is veral in Suid-Asië, Australasië, die Verenigde Koninkryk, Suider-Afrika en Wes-Indië gewild. Krieketwêreldbekertoernooie is van die gewildste sportkompetisies wêreldwyd en word in die EDI-vorm gespeel, maar ook T20I-wêreldbekertoernooie en Kampioenetrofeë geniet ’n groot ondersteuning. Hoewel krieket in die verlede veral deur mans beoefen is, het vrouekrieket in die 21ste eeu aansienlik gegroei.
In die nuus
Het u geweet...
... dat varke uiters intelligente diere is? Hulle is ook skoner as die meeste troeteldiere en lê slegs in modder omdat hulle nie sweetkliere het nie en modder of water nodig het om af te koel. ... dat Suid-Afrika die VSA gehelp het met intelligensie as deel van ECHELON? By die Silwermyn Natuurreservaat is antennes wat sedert die 1970's vir spioenasie gebruik is. ... Samuel Morse, die uitvinder van die telegraaf, vir burgemeester van New York gestaan het? Hy was egter nie suksesvol nie.
Vandag in die geskiedenis
18 Mei: Vlag- en Universiteitsdag in Haïti (1803).
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |




