Winnipeg
| Kaart | Wapen |
| Vlag | |
| Land | |
| Provinsie | |
| Koördinate | 49°54′N 97°08′W / 49.900°N 97.133°W |
| Stigting | 1798 as Fort Rouge |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 461,78 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 239 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2021) | 749 607 |
| - Bevolkingsdigtheid | 1 623/vk km |
| - Metropolitaanse gebied | 834 678 |
| Tydsone | UTC -6 (SST) |
| - Somertyd | UTC -5 (SDT) |
| Burgemeester | Scott Gillingham |
| Amptelike webwerf | winnipeg.ca |
Winnipeg (Engels: [ˈwɪnɪpɛɡ], is die hoofstad en grootste stad van die Wes-Kanadese provinsie Manitoba met 'n bevolking van 749 607 in die stad (2021) en 834 678 (of twee derdes van die provinsiale bevolking) in die metropolitaanse gebied. Winnipeg staan bekend as die Poort na die Weste (Gateway to the West) en speel 'n belangrike rol as nywerheid-, vervoer-, landbou-, finansiële en onderwyssentrum.

Winnipeg lê naby die geografiese middelpunt van Noord-Amerika, in 'n oorstromingsvlakte digby die samevloeiing van die Red- en Assiniboineriviere, en in die oorgangsgebied tussen die uitgestrekte woudgebiede van die Kanadese Skild en die oop graslandskappe van die Groot Vlaktes.
Met die voltooiing van die spoorweg tussen Winnipeg en die Kanadese ooste in 1885 het die stad 'n vinnige ekonomiese opswaai beleef. Die bevolking het van 25 000 in 1891 tot 540 000 in 1971 gegroei. Dit was byna 'n eeu lank die snelste groeiende stad in die Groot Vlaktes van Kanada, en eers met die ontdekking van ruolievelde in Alberta in 1947 het Calgary en Edmonton tot die twee beduidendste groeisentra ontwikkel wat Winnipeg in 1976 as grootste metropole in die Groot Vlaktes verbygesteek het.
Die Universiteit van Manitoba is in die stad geleë. Winnipeg was een van die Kanadese gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2015.
Klimaat
[wysig | wysig bron]Winnipeg is een van die koudste groot stede ter wêreld, met gemiddelde temperature benede vriespunt van November tot Maart (en koue nagte met 'n gemiddelde van -18 °C teen die middel van die winter). Desondanks is die somers tussen Mei en September dikwels baie warm met uiterstes van meer as 35 °C. Die stad kry meer reën- en sneeuval as enige ander stad in die Kanadese prairiegebiede, ten spyte van die oorwegend sonnige weer.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Winnipeg.- (en) Toerisme-inligting oor Winnipeg op Wikivoyage
- (en) (fr) Amptelike webwerf
- (en) "Winnipeg". Encyclopædia Britannica. Besoek op 20 Januarie 2026.
- (en) "Winnipeg". The Canadian Encyclopedia. Besoek op 20 Januarie 2026.
| Hoofstede van Kanada | ||||
|---|---|---|---|---|
| ||||



