close
Gaan na inhoud

Salvador da Bahia

Salvador da Bahia
BERJAYA

Kaart Wapen
BERJAYA
BERJAYA
Vlag
BERJAYA
 Land Vlag van Brasilië Brasilië
 Deelstaat BERJAYA Bahia
 Koördinate 12°58′S 38°28′W / 12.967°S 38.467°W / -12.967; -38.467
 Gestig op 29 Maart 1549
 Oppervlakte:  
 - Totaal 693 vk km
 Hoogte bo seevlak 8 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2020) 2 886 698
 - Bevolkingsdigtheid 4 187/vk km
 Tydsone UTC -3 (BRT)
 Burgemeester Bruno Reis (UNIÃO)
 Amptelike Webwerf salvador.ba.gov.br

Salvador da Bahia (Portugees: [sawvaˈdoʁ], letterlik: "verlosser van die baai") is die derde grootste stad in Brasilië en die hoofstad van die deelstaat Bahia. Dit is aan die Allerheilige-baai in die ooste van die land geleë. Die voormalige Portugese naam São Salvador da Bahia de Todos os Santos, wat "Heilige Verlosser van die Allerheilige-baai" beteken, verwys na die datum van sy ontdekking (1 November 1501) deur die Portugese seevaarder Gaspar de Lemos en sy destydse vergissing – hy het die Allerheilige-baai as 'n riviermonding beskou.

BERJAYA
'n Uitsig oor Salvador da Bahia

Salvador da Bahia het in die tydperk tussen 1501 en 1763 as die administratiewe hoofstad van Brasilië gedien en hierdie funksie daarna aan Rio de Janeiro aan die suidkus van die land afgestaan. Salvador da Bahia se huidige stadsgebied het 2,9 miljoen inwoners, terwyl sowat 3,9 miljoen mense in die metropolitaanse gebied van Salvador woon (2020).

Die historiese stadskern Salvador da Bahia is in 1985 deur Unesco as 'n wêrelderfenisgebied gelys.

Die Nederlandse Wes-Indiese Kompanjie het hierdie stad in 1624 verower onder leiding van Jacob Willekens. Destyds was Bahia die hoofstad van Portugees-Brasilië. Die stad is een jaar later egter reeds herower deur die Portugese.

Salvador da Bahia se Arena Fonte Nova is tydens die FIFA Sokker-Konfederasiebeker in 2013, FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2014 en Olimpiese Somerspele 2016 vir wedstryde gebruik. Dit sal ook een van die Brasiliaanse gasheerstede tydens die Vrouesokkerwêreldbeker 2027 wees.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Salvador da Bahia.
  • (en) Toerisme-inligting oor Salvador da Bahia op Wikivoyage
  • (pt) Amptelike webwerf
  • (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
  • (en) "Salvador". Encyclopædia Britannica. Besoek op 28 Januarie 2026.
Vlag van Brasilië Hoofstede van Brasilië Wapen van Brasilië
HoofstedeAracajuBelémBelo HorizonteBoa VistaBrasíliaCampo GrandeCuiabáCuritibaFlorianópolisFortalezaGoiâniaJoão PessoaMacapáMaceióManausNatalPalmasPorto AlegrePorto VelhoRecifeRio BrancoRio de JaneiroSalvador da BahiaSão PauloSão LuísTeresinaVitória