close
Gaan na inhoud

Portaal:Sterrekunde

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Wikipedia-portale: Antieke Egipte · Biologie · Chemie · Fisika · Geografie · Geologie · Geskiedenis · Griekse mitologie · Katte · Krieket · Letterkunde · Musiek · Rugby · Rusland · Skryfstelsels · Sport · Sterrekunde · Tale · Turkye · Vlae en wapens

BERJAYA

BERJAYA
Sterrekundeportaal
BERJAYABERJAYABERJAYABERJAYABERJAYA


Welkom in die ruimte!

Sterrekunde (ook astronomie genoem, wat "die wette van die sterre" beteken) is 'n wetenskap wat die waarneming en verduideliking van gebeurtenisse buite die Aarde se atmosfeer behels. Die oorsprong/kosmologie, fisiese en chemiese eienskappe van voorwerpe wat in die hemelruim waargeneem kan word, word bestudeer. Waarnemings sluit die volgende in: mane, planete en eksoplanete, sterre, newels en sterrestelsels. Gebeurtenisse sluit in supernovas, gammastraaluitbarstings, die Oerknal en kosmiese agtergrondstraling.

Kosmologie is 'n onderafdeling van sterrekunde wat fokus op die studie van die oorsprong en evolusie van die heelal (dus, hoe alles begin en ontwikkel het) en behandel verskynsels wat buite die atmosfeer van die aarde voorkom, insluitend supernova-ontploffings, gammastraaluitbarstings, en kosmiese agtergrondstraling. Sterrekunde is een van die min wetenskappe waar amateurs steeds 'n rol speel, veral met die ontdekking en monitering van verskynsels van 'n verbygaande aard, soos komete en meteore.

Meer oor sterrekunde . . .

BERJAYA

BERJAYA
Sterartikel

Betelgeuse (ˈbiːtəldʒuːz), ook bekend onder sy Bayer-naam, Alpha Orionis of α Ori, is gewoonlik die 10de helderste ster in die naglug en naas Rigel die helderste in die sterrebeeld Jagter (Orion). Dié rooi ster is ’n halfreëlmatige veranderlike ster waarvan die skynbare magnitude wissel tussen 0 en 1,6, die grootste wisseling van enige ster van die 1ste magnitude.

Betelgeuse is die helderste ster in die naglug by naby-infrarooigolflengtes en het 'n radius van tussen 640 en 764 sonradiusse. As dit in die middel van die Sonnestelsel geleë was, sou sy oppervlak tot anderkant die asteroïedgordel gestrek het en sou dit Mercurius, Venus, Aarde en Mars verswelg het.

Berekenings van Betelgeuse se massa wissel van net onder 10 tot 'n bietjie meer as 20 sonmassas. Sy absolute magnitude is sowat -6. Die ster is minder as 10 miljoen jaar oud en het vinnig ontwikkel vanweë sy groot massa. Sy evolusie sal na verwagting in 'n supernova eindig, waarskynlik binne 100 000 jaar. Wanneer Betelgeuse ontplof, sal dit langer as drie maande so helder soos die halfmaan skyn, maar die lewe op Aarde sal nie geraak word nie.

Die dwaalster is gewerp uit sy ontstaanplek in die Orion OB1-assosiasie, wat die sterre in die Jagter se Gordel insluit, en beweeg teen tot 30 km/s deur die interstellêre medium. Dit skep 'n boegskok van meer as vier ligjare breed. Dit word ook omring deur 'n ingewikkelde, asimmetriese omhulsel van rofweg 250 keer die grootte van die ster, wat veroorsaak word deur massaverlies van die ster self. Betelgeuse is een van die hoekpunte van die Suidelike Halfrond se Somerdriehoek en is in die middel van ons Somerseshoek geleë.

Van Oktober 2019 af het Betelgeuse merkbaar begin verdof en teen middel Februarie 2020 het sy helderheid met 'n faktor van sowat 3 afgeneem, van magnitude 0,5 tot 1,7. Daarna het dit tot 'n meer normale helderheidsomvang teruggekeer en in April 2023 sy hoogste sigbare magnitude van 0 bereik. Infrarooiwaarnemings het geen aansienlike verandering in helderheid oor die afgelope 50 jaar bespeur nie, en daarom word geglo die verdowwing was te wyte aan 'n verandering in die verstrooiing van stof en gas om die ster, eerder as 'n fundamentele verandering. 'n Studie met die Hubble-ruimteteleskoop het aangedui verduisterende stof is geskep deur 'n oppervlakmassauitwerping miljoene kilometers van die ster af, en dit het die verdowwing veroorsaak.

Hoewel dit nie bevestig is nie, is daar bewyse dat Betelgeuse 'n dubbelster kan wees. Die metgeselster, Betelgeuse B of Siwarha, sal baie kleiner en dowwer as die rooisuperreus wees en wentel vermoedelik op 'n afstand van net 'n paar keer die grootte van Betelgeuse om die ster.

...lees verder

BERJAYA

BERJAYA
Het jy geweet?

BERJAYA

BERJAYA
Sterrekundige gebeure, 2026
1 JunieMaan by apogeum
8 JunieVenus-Jupiter-konjunksie
12 JunieMaan naby Mars
14 JunieMaan by perigeum
15 JunieDonkermaan
17 JunieMaan naby Jupiter en Venus
21 JunieWintersonstilstand
25 JunieMercurius naby Jupiter
30 JunieVolmaan

BERJAYA

BERJAYA
Sterfoto
Sterrekunde

'n Sterrestelselswerm is 'n struktuur wat uit enigiets van honderde tot duisende sterrestelsels bestaan wat deur swaartekrag verbind word. Massas wissel gewoonlik van 1014 tot 1015 sonmassas. MS 0735.6+7421 is 'n sterrestelselswerm in die sterrebeeld Kameelperd, sowat 2,6 miljard ligjare van die Son af.
(Saamgestelde foto van Hubble en Chandra.)

Meer oor sterrestelselswerms . . .


BERJAYA

BERJAYA
Die 88 moderne sterrebeelde

AgterdekAkkedisAltaarAndromedaArendBeeldhouerBekerBerenike se HareBoogskutterBulDolfynDraakDriehoekDuifEenhoringEridanusFeniksGraveerstifGroot BeerGroot HondHaasHerculesHorlosieIndiërJaghondeJagterKameelperdKameleonKassiopeiaKefeusKielKlein BeerKlein HondKlein LeeuKoetsierKompasKraaiKraanvoëlKreefNetLeeuLierLugpompMaagdMikroskoopNoordelike KroonNoordelike WaterslangOktantOondParadysvoëlPasserPerseusPouPylRamRooikatSeileSekstantSentourSkerpioenSkildSkilderSlangSlangdraerSteenbokSuidelike DriehoekSuidelike KroonSuidelike VisSuidelike WaterslangSuiderkruisSwaanSwaardvisTafelTeleskoopToekanTweelingVeewagterVisseVlieënde PerdVlieënde VisVliegVosVulWalvisWaterdraerWeegskaalWinkelhaakWolf

Asterismes

Die sterrebeelde hierbo is die 88 amptelik erkende sterrebeelde, wat in 1928 en 1930 in Leiden (Nederland) deur die Internasionale Sterrekundige Vereniging vasgelê is. In teenstelling hiermee word ’n asterisme, of sterrepatroon, nie amptelik erken nie; dit is dikwels deel van 'n erkende sterrebeeld. Voorbeelde daarvan is die Drie Konings of Sewe Susters.