Curaçao
| |||||
| Volkslied: Himno di Kòrsou (Papiaments vir: "Volkslied van Curaçao") Koninklike volkslied: Wilhelmus | |||||
| Hoofstad | Willemstad | ||||
| Grootste stad | Willemstad | ||||
| Amptelike tale | Nederlands, Papiaments en Engels[1][2] | ||||
| Regering | Unitêre parlementêre verteenwoordigende demokrasie onder 'n grondwetlike monargie Willem-Alexander Lucille George-Wout Gilmar Pisas | ||||
| Onafhanklikheid Outonomiteit • Datum |
binne die Koninkryk van die Nederlande 10 Oktober 2010 | ||||
| Oppervlakte - Totaal - Water (%) |
444[3] km2 171 myl2 feitlik geen | ||||
| Bevolking - 2023-skatting - 2023-sensus - Digtheid |
148 925[4] (177ste) 155 826[5] 335,4 / km2 (38ste) 870,9 / myl2 | ||||
| BBP (KKP) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
| BBP (nominaal) - Totaal - Per capita |
2023-skatting | ||||
| Geldeenheid | Karibiese gulden (CMg) | ||||
| Tydsone - Somertyd |
AST (UTC-4) nie toegepas nie (UTC-4) | ||||
| Internet-TLD | .cw, .ana | ||||
| Skakelkode | +599 9 | ||||
| a. Gaan gestaak word. | |||||
Curaçao (Nederlands: [kyːraːˈsʌu], , of [kuːr-]; Papiaments: Kòrsou, [ˈkɔrsɔu̯]), amptelik die Land Curaçao (Nederlands: Land Curaçao; Papiaments: Pais Kòrsou), is 'n eilandstaat in die Karibiese See en behoort tot die ABC-eilande net noord van Venezuela. Tot in 2010 het Curaçao deel uitgemaak van die Nederlandse Antille, maar dié eiland is sedert 10 Oktober 2010 'n outonome land binne die Koninkryk van die Nederlande,[7] grondwetlik gelykwaardig aan Aruba, Nederland en Sint Maarten.[8]


Die amptelike tale is Nederlands, Papiaments (die volkstaal) en Engels; 'n ander taal wat gepraat word is Spaans. Die hoofstad en grootste stad is Willemstad. Die eiland beslaan 'n oppervlakte van 444 km² en het in 2023 'n bevolking van 148 925 gehad.
Die internasionale lughawe op die eiland heet Hato-lughawe.
Etimologie
[wysig | wysig bron]Volgens 'n verklaring was "Curaçao" die naam waarmee die inheemse mense van dié eiland na hulleself verwys het, dus hul autoniem.[9] Vroeë Spaanse optekeninge ondersteun dié teorie, aangesien in hul optekeninge na die inheemse mense as Indios Curaçaos verwys word.[10]
Van 1525 af is die eiland op Spaanse kaarte as Curaçote, Curasaote, Curasaore of Curacaute aangedui.[11] Teen die 17de eeu het dit op die meeste kaarte as Curaçao of Curazao verskyn.[10] Op 'n kaart wat deur Hieronymus Cock in 1562 in Antwerpen geteken is, is die eiland Qúracao genoem.[12]
'n Aanhoudende, maar ongedokumenteerde verhaal vertel dat matrose op lang reise in die 16de en 17de eeu – die vroeë jare van Europese verkenning – dikwels skeurbuik gekry het weens 'n gebrek aan vitamien C. Volgens sommige verslae is Portugese of Spaanse matrose wat siek was, op die eiland wat nou bekend staan as Curaçao, agtergelaat. Wanneer hul skip terugkom het, was sommige herstel, waarskynlik genees van skeurbuik nadat hulle vrugte met vitamien C geëet het. Van toe af het die Portugese vermoedelik daarna verwys as Ilha da Curação ("eiland van genesing")[6] en die Spaanse as Isla de la Curación.[13] Volgens 'n ander verklaring is dit ontleen aan die Portugese woord vir hart (coração) wat verwys na die eiland as 'n sentrum vir handel.
Natuur
[wysig | wysig bron]
Die eiland het 'n taamlik droë klimaat. Die kus was vroeër die tuiste van wortelboommoerasse, maar dit het sterk verminder weens menslike aktiwiteite. Daar word nogtans sedert 2007 geprobeer om hulle weer te herstel.[14]
'n Belangrike onderdeel van die eiland se ekologie is die drie groot suilkaktusse wat op die eiland voorkom:
- Datu (Stenocereus griseus)
- Kadushi (Subpilocereus repandus)
- Kadushi di pushi (Pilosocereus lanuginosus)
Hulle word veral deur endemiese vlermuise bestuif.[15]
Sport
[wysig | wysig bron]In 2025 het die Curaçaose nasionale sokkerspan vir die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 2026 gekwalifiseer en daarmee volgens bevolking die kleinste land geword wat daarin geslaag het.[16]
Galery
[wysig | wysig bron]- Luis Brión
- Manuel Carlos Piar
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (nl) "LANDSVERORDENING van de 28ste maart 2007 houdende vaststelling van de officiële talen (Landsverordening officiële talen)". Government of the Netherlands. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 September 2019. Besoek op 28 Augustus 2014.
- ↑ (nl) "Over Curaçao". Regering van Curaçao. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 November 2015. Besoek op 28 Augustus 2014.
- ↑ (nl) "Waaruit bestaat het Koninkrijk der Nederlanden? – Rijksoverheid.nl". Ministerie van Algemene. 19 Mei 2015. Besoek op 19 Mei 2015.
- ↑ (nl) "Population". Sentrale Statistiekkantoor Curaçao. Januarie 2023. Besoek op 1 April 2025.
- ↑ (nl) "CBS Presents the First Results of the 2023 Census". Sentrale Statistiekkantoor Curaçao. 2023. Besoek op 1 April 2025.
- 1 2 3 4 (en) "Curaçao". Central Intelligence Agency. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Mei 2023. Besoek op 1 April 2025.
- ↑ (en) "Status change means Dutch Antilles no longer exists". BBC. 10 Oktober 2010. Besoek op 1 April 2025.
- ↑ (en) "Curaçao". Encyclopædia Britannica. Besoek op 10 Augustus 2023.
- ↑ (nl) Stemmen uit het Verleden. Van Buurt, G., Joubert, S., 1994, Curaçao.
- 1 2 (en) "Curaçao". Curaçao-nature.com. 2005–2016. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 Februarie 2021. Besoek op 24 Februarie 2021.
- ↑ (en) "Taino Names of the Caribbean Islands". 2 Februarie 2015.
- ↑ (en) "Cock's 1562 map". Biblioteek van die VSA-kongres.
- ↑ (en) "Curaçao". www.globalsecurity.org. Besoek op 22 September 2019.
- ↑ (nl) "Antilliaans Dagblad Julie 2017". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 8 Julie 2017. Besoek op 9 Julie 2017.
- ↑ (nl) Sophie Petit. "Christoffelpark". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 13 Januarie 2018. Besoek op 13 Januarie 2018.
- ↑ (en) "Curaçao makes history as smallest nation by population to qualify for a World Cup". CNN. 19 November 2025. Besoek op 16 Desember 2025.
Bronnelys
[wysig | wysig bron]- Algemeen
- (en) "Curaçao". Encyclopædia Britannica. Besoek op 1 April 2025.
- (en) "Curaçao". Central Intelligence Agency. Besoek op 1 April 2025.
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]| Wikimedia Commons bevat media in verband met Curaçao. |
- (en) Toerisme-inligting oor Curaçao op Wikivoyage
- (nl) Amptelike webwerf van Curaçao se regering
