close
Gaan na inhoud

Amerikaanse kolonies

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
BERJAYA
Amerikaanse kolonies

Die Verenigde State van Amerika het hul kolonies verkry deur die Spaans-Amerikaanse Oorlog van 1898. Spanje het toe sy laaste steunpunte in die Karibiese gebied verloor;

Op Kuba het die VSA die Baai van Guantánamo beset, waar hulle tot vandag 'n militêre basis behou (teen die wil van Kuba). In 1999 is die Panamakanaalsone oorgedra aan Panama. Puerto Rico is nou nog Amerikaans, maar geniet 'n groot mate van outonomie en gebruik bowendien Spaans as amptelike taal.

Verder het Amerika in 1898 in die Stille Oseaangebied die Filippyne en Guam van Spanje verower. Die Filippyne het in 1946 onafhanklikheid verkry, terwyl Guam, die Noordelike Mariana-eilande en baie andere eilande (Eilandgebiede van die Verenigde State van Amerika en Klein afgeleë eilande van die Verenigde State van Amerika) in die Stille Oseaan vir strategiese doeleinde deur die Amerikaners behou is.


Koloniale ryke

Vlag van Verenigde State van Amerika Amerikaans   Vlag van Australië Australies   Vlag van België Belgies   Vlag van Verenigde Koninkryk Brits   Vlag van Denemarke Deens   Vlag van Duitse Keiserryk Duits   Vlag van Engeland Engels   Vlag van Frankryk Frans   Vlag van Oostenryk-Hongarye Habsburgs   Vlag van Italië Italiaans   Vlag van Japannese Keiserryk Japannees   BERJAYA Koers   Vlag van Nederland Nederlands   Vlag van Nieu-Seeland Nieu-Seelands   Vlag van Noorweë Noors   Vlag van Ottomaanse Ryk Ottomaans   Vlag van Portugal Portugees   Vlag van Rusland Russies   Vlag van Spanje Spaans   Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrikaans   BERJAYA Sweeds