Abidjan
| Kaart | Wapen |
| Seël | |
| Land | |
| Distrik | Abidjan |
| Koördinate | 5°19′N 4°2′W / 5.317°N 4.033°W |
| Stigting | 1899 |
| Oppervlakte: | |
| - Totaal | 2 119 vk km |
| Hoogte bo seevlak | 10 m |
| Bevolking: | |
| - Totaal (2014) | 4 707 404 |
| - Bevolkingsdigtheid | 2 221,52/vk km |
| Tydsone | UTC+0 (GMT) |
| Burgemeester | Ibrahim Bacongo Cissé |
| Amptelike webwerf | districtabidjan |
Abidjan (Frans: [abidʒɑ̃], ) is die grootste stad en voormalige politieke hoofstad van Ivoorkus. Dit funksioneer steeds as die regeringsetel en ekonomiese hoofstad, alhoewel Yamoussoukro die amptelike hoofstad is. Abidjan is tans die belangrikste hawestad van die land en is geleë aan die Golf van Guinee. Abidjan is die grootste Franstalige stad in Wes-Afrika met 'n geskatte bevolking van tussen 4,4 miljoen en 5,15 miljoen, insluitende die hele metropolitaanse gebied (2020-skatting).

Abidjan is 'n kulturele kruispad in Wes-Afrika en word gekenmerk deur 'n hoë vlak aan industrialisasie en verstedeliking. Die belangrikste nywerhede is hout, tekstiel en koffie. Die stad het ook 'n groot ruolieraffinadery.
Die stad het in 1934 die hoofstad van die destydse Franse kolonie, Ivoorkus, geword en groei steeds aansienlik, as mens die huidige bevolking vergelyk met die bevolking van 65 000 wat die stad in 1950 gehad het. In 1983 verklaar die destydse president, Félix Houphouët-Boigny, dat Yamoussoukro die nuwe hoofstad van die land is, maar die meeste regeringsgeboue en ambassades is steeds in Abidjan gesetel.
Gedurende 1963 tot 1988, die tydperk toe Suid-Afrika weens apartheid aan sanksies onderworpe was, en die res van Afrika hul lugruim gesluit het vir die Suid-Afrikaanse Lugdiens se vliegtuie oppad Europa toe, het Ivoorkus nogtans ingewillig om landingsplek aan die SAL te verskaf by Félix-Houphouët-Boigny Internasionale Lughawe in Abidjan.
Onderwys
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Abidjan.- (en) Toerisme-inligting oor Abidjan op Wikivoyage
- (fr) Amptelike webwerf



