Tuisblad
| Welkom by Wikipedia,
die vrye ensiklopedie wat deur enigiemand verbeter en uitgebrei kan word. |
|
| Help ons om ’n wêreldklas-ensiklopedie in Afrikaans te skep. | |
| Inleiding • Hulp • Kontak | Gebruikersportaal • Voorbladartikels • Kategorieë • Stel ’n vraag |
|
Voorbladartikel
Ramses II (Egipties Rīꜥa-masē-sə, "Ra is die een wat hom verwek het"; omstreeks 1303 v.C. - 1213 v.C.), algemeen bekend as Ramses die Grote, was ’n farao van Egipte. Hy was die derde heerser van die 19de Dinastie. Saam met Toetmoses III van die 18de Dinastie word hy dikwels beskou as die grootste, mees gevierde en magtigste farao van die Nuwe Ryk, wat self die magtigste tydperk van antieke Egipte was. Hy word ook wyd erken as een van antieke Egipte se suksesvolste krygsfarao's, met nie minder nie as 15 militêre veldtogte, almal oorwinnings buiten die Slag van Kadesj, wat algemeen as ’n dooie punt beskou word. In antieke Griekse bronne word hy Osumandúas (Ὀσυμανδύας) genoem, wat afgelei is van die eerste deel van sy Egiptiese troonnaam: Usermaatre Setepenre. Ramses is ook deur latere farao’s en die Egiptiese volk as die "Groot Voorvader" beskou. In die vroeë deel van sy bewind het hy gefokus op die bou van stede, tempels en monumente. Nadat hy die stad Pi-Ramses in die Nyldelta gestig het, het hy dit as Egipte se nuwe hoofstad aangewys en dit gebruik as die belangrikste basis vir sy veldtogte in Sirië. Ramses het verskeie militêre ekspedisies in die Levant gelei, waar hy Egiptiese beheer oor Kanaän en Fenisië herbevestig het; hy het ook verskeie veldtogte na Nubië gelei, wat almal in inskripsies gedenk is. Hy het ’n ongekende 13 of 14 Sed-feeste gevier, meer as enige ander farao. Ramses se ouderdom met sy dood is onseker, maar 90 of 91 jaar word as die waarskynlikste beskou. Ná sy dood is hy in ’n graf (KV7) in die Vallei van die Konings begrawe. Sy liggaam is later na die Koninklike Wegsteekplek geskuif, waar dit in 1881 deur argeoloë ontdek is. Ramses se mummie word tans uitgestal in die Nasionale Museum van die Egiptiese Beskawing in Kaïro.
In die nuus
Het u geweet...
... dat die Franse stad Colmar in Elsas 48 jaar lank 'n Duitse stad was? Dit was van die Pruisies-Franse Oorlog in 1871 tot met die Verdrag van Versailles in 1919.
Vandag in die geskiedenis
|
Vind artikels
| |
|
Geografie - Geologie Afrika • Suider-Afrika • Amerika • Antarktika • Asië • Europa • Oseanië Rusland • Turkye • Verenigde State van Amerika Lande • Baaie • Berge • Eilande • Mere • Oseane • Riviere • Woestyne | ||
|
Geskiedenis | ||
|
Kultuur | ||
|
Religie | ||
|
Samelewing | ||
|
Taal | ||
|
Tegnologie | ||
|
Wetenskap | ||
|
Wikipedia in ander tale
| ||
|
Weergawes met meer as 1 000 000 artikels العربية • مصرى • Cebuano • Deutsch • English • Español • فارسی • Français • Italiano • 日本語 • Nederlands • Polski • Português • Русский • Svenska • Українська • Tiếng Việt • Winaray • 中文 | ||
|
Weergawes met meer as 750 000 artikels Català | ||
|
Weergawes met meer as 500 000 artikels تۆرکجه • Нохчийн • Čeština • Suomi • Magyar • Bahasa Indonesia • 한국어 • Norsk (bokmål) • Română • Српски / srpski • Türkçe • Татарча / tatarça | ||
|
Weergawes met meer as 250 000 artikels Беларуская • Български • Cymraeg • Dansk • Ελληνικά • Esperanto • Eesti • Euskara • עברית • Հայերեն • Қазақша • Baso Minangkabau • Bahasa Melayu • Srpskohrvatski / српскохрватски • Simple English • Slovenčina • Oʻzbekcha • Bân-lâm-gú | ||
|
Weergawes met meer as 100 000 artikels Afrikaans • Asturianu • Azərbaycanca • বাংলা • Bosanski • Galego • हिन्दी • Hrvatski • ქართული • Latina • Ladin • Lietuvių • Latviešu • Malagasy • Македонски • मराठी • မြန်မာဘာသာ • Norsk (nynorsk) • Occitan • Slovenščina • Shqip • Kiswahili • தமிழ் • తెలుగు • Тоҷикӣ • ไทย • اردو • 粵語 | ||
|
Weergawes met meer as 50 000 artikels aragonés • Башҡорт • Беларуская (тарашкевіца) • Brezhoneg • کوردی • чӑвашла • Frysk • Gaeilge • گیلکی • Hausa • Kreyòl ayisyen • Ido • Íslenska • Basa Jawa • Kurdî / كوردی • Кыргызча • Lëtzebuergesch • lombard • മലയാളം • مازِرونی • Plattdüütsch • नेपाल भाषा • ਪੰਜਾਬੀ • Piemontèis • شاہ مکھی پنجابی (Shāhmukhī Pañjābī) • Basa Sunda • Ślůnski • Tagalog • Vèneto | ||
|
Susterprojekte
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
| ||
|
|
Indien u die verkeerde datum sien of sjablone opgedateer het, moet u die voorblad verfris. |



