close
Gaan na inhoud

Sweedse Rugbyunie

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Sweedse Rugbyunie
Kenteken van die Sweedse Rugbyunie
Kenteken van die Sweedse Rugbyunie
Sweedse naam Svenska Rugbyförbundet
Afkorting SRF
Land Vlag van Swede Swede
Sportsoorte Rugby, Sewesrugby
Stigting 1932
Gestig in Stockholm
Lid van Wêreldrugby
Aangesluit in 1988
Vastelandse beheerliggaam Rugby Europa
President Daniel Sörensson
Setel Gotenburg, Swede
Amptelike taal Sweeds
Amptelike webwerf rugby.se

Die Sweedse Rugbyunie (Sweeds: Svenska Rugbyförbundet, afgekort “SRF”) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Swede beheer. Die beheerliggaam is in 1932 onder die naam Stockholms Rugbyförbund gestig en in Gotenburg gesetel. Sedert 1988 verteenwoordig dit Swede by Wêreldrugby en sedert 1958 ook by Rugby Europa (“RE”).

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]

Die SRF is in 1932 as die Stockholms Rugbyförbund gestig en het in 1988 by die Internasionale Rugbyvoetbalraad (IRVR; nou Wêreldrugby) aangesluit.[1] Daarbenewens het die Sweedse beheerliggaam in 1958 by die kontinentale beheerliggaam Fédération internationale de rugby amateur (FIRA; nou Rugby Europa) aangesluit.[2]

Die Sweedse Rugbyunie organiseer verskeie nasionale spanne, insluitend Swede se nasionale seniormansrugbyspan, vroue en jeug. Die SRF hou ook toesig oor sewesrugby in Swede en aangesien dit ’n Olimpiese sportsoort is, werk hulle met die Sweedse Nasionale Olimpiese Komitee saam. Naas die amptelike nasionale span roep die Sweedse Rugbyunie ook ander keurspanne byeen. Daarbenewens bestuur die beheerliggaam kinder- en jeugrugby in Swede. Kinders en jongmense word reeds op skool aan rugby bekend gestel en na gelang van hul belangstelling en talent begin hulle met hul afrigting. Net soos ander rugbylande beskik Swede oor ’n o/20-nasionale span wat aan die Wêreldrugby o/20-kampioenskap deelneem.[3]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Sweden". Wêreldrugby. Besoek op 18 Junie 2025.
  2. (en) "Historical Rugby Milestones 1930s". Rugby Football History. Besoek op 18 Junie 2025.
  3. (en) "World Rugby U20 Championship". Wêreldrugby. Besoek op 18 Junie 2025.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]