Skotte
- Hierdie artikel handel oor die etniese groep. Vir die taal, sien Skots-Gaelies.
| Skotte | |
|---|---|
| Totale bevolking: | ca. 28–40 miljoen[1] |
| Belangrike bevolkings in: | 5,4 miljoen Skots-Iere[2][3]
|
| Taal: | Engels (Skotse Engels) Skots-Gaelies • Skots |
| Geloofsoortuiging: | Presbiterianisme, Rooms-Katolisisme, Episkopalisme; ander minderheidsgroepe; Agnostisisme, Deïsme en Ateïsme |
| Verwante etniese groepe: | Ander Keltiese volke soos Bretonners, Iere, Korniese en Walliesers; Engelse, Yslanders en Wikings |
Die Skotte (Engels: Scots of Scottish people, Skots: Scots Fowk, Skots-Gaelies: Albannaich) is 'n Keltiese nasie en etniese groep inheems aan Skotland en die omliggende eilande. Histories gesien het hulle ontstaan uit 'n samesmelting van twee groepe — die Pikte en die Gaele — wat in die 9de eeu die Koninkryk van Skotland (of Alba) gestig het en vermoedelik in etnotaalkundige opsig Kelte was. Later is die naburige Kumbriese Britone, wat ook 'n Keltiese taal gepraat het, asook die Germaanstalige Angel-Saksers en Noormanne, in die Skotse nasie geïntegreer.

In moderne opsig word die terme "Skotse mense" of "Skotte" gebruik om na iemand te verwys wat in taalkundige, kulturele, voorvaderlike of genetiese opsig van Skotse afkoms is. Die Latynse word Scotti[13] het oorspronklik na die Gaele verwys, maar word nou gebruik om na al die inwoners van Skotland te verwys.[14] Hoewel dit soms as argaïes of ongewens beskou word,[15] word die term Scotch ook gebruik om na die Skotse mense te verwys, maar dit is tans hoofsaaklik buite Skotland gebruiklik.[16]
Daar is mense van Skotse afkoms in baie lande buite Skotland. Emigrasie, beïnvloed deur faktore soos die Hoog- en Laelandse klane, die Skotse lidmaatskap in die Britse Ryk, en in die onlangse tyd industriële agteruitgang en werkloosheid, het tot gevolg gehad dat Skotse mense hul wêreldwyd gevestig het. Groot bevolkings van Skotse mense het hulle in die Nuwe Wêreldse lande van Noord- en Suid-Amerika, Australië en Nieu-Seeland gevestig. Daar is 'n Skotse teenwoordigheid op 'n besonders hoë vlak in Kanada, wat oor die hoogste vlak van Skotse afstammelinge per inwoner in die wêreld, en die tweede grootste bevolking van Skotse afstammelinge ná die Verenigde State beskik. Hulle het hul Skotse tale en kultuur saamgeneem.[17]
Skotland het migrasie en vestiging van mense op verskillende tye oor die geskiedenis heen gesien. Die Gaele, die Pikte en die Britone het, soos die meeste Middeleeuse Europese volke, verskeie mites van oorsprong.[18] Germaanse setlaars, soos die Angel-Saksers, het hulle vroeg in die 7de eeu in Skotland gevestig. Skandinawiese setlaars het tydens die 8ste eeu in baie dele van Skotland voet aan wal gesit. In die Hoë Middeleeue, sedert die heerskap van Dawid I van Skotland, het emigrante vanuit Frankryk, Engeland en die Lae Lande na Skotland gekom. Sommige bekende Skotse vanne, insluitende dié van Bruce, Balliol, Murray en Stewart het in hierdie tyd na Skotland gekom. Vandag is Skotland een van die vier lande van die Verenigde Koninkryk en die meerderheid van die mense wat in Skotland leef is Britse burgers.
Sien ook
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "The Scottish Diaspora and Diaspora Strategy: Insights and Lessons from Ireland". Scottish Government. Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 15 Januarie 2019. Besoek op 17 Maart 2015.
- ↑ (en) "American Community Survey 2008 by the US Census Bureau estimates 5,827,046 people claiming Scottish ancestry and 3,538,444 people claiming Scotch-Irish ancestry". factfinder.census.gov. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 Januarie 2012. Besoek op 10 Februarie 2016.
- ↑ (en) Who are the Scots-Irish?
- ↑ (en) 2006 Canadian Census Geargiveer 1 November 2009 op Wayback Machine
- ↑ (en) "Statistical Bulletins". scotlandscensus.gov.uk. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 November 2013. Besoek op 10 Februarie 2016.
- ↑ (en) "ABS Ancestry". 2012. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 September 2017. Besoek op 10 Februarie 2016.
- ↑ (en) stats.govt.nz Geargiveer 16 Junie 2016 op Wayback Machine
- ↑ (en) "SCOTLAND'S DIASPORA AND OVERSEAS-BORN POPULATION" (PDF). Scottish Government. Mei 2009. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 14 Januarie 2018. Besoek op 17 Maart 2015.
- ↑ (en) "Isle of Man Census Report 2006" (PDF). Isle of Man Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 30 September 2007. Besoek op 30 September 2007.
- ↑ (en) "Scotland analysis: Borders and citizenship" (PDF). British Government. Januarie 2014. Besoek op 10 Februarie 2016.
- ↑ (en) "Scotland's Diaspora and Overseas-Born Population" (PDF). Scottish Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike (PDF) op 5 Maart 2016. Besoek op 5 Maart 2016.
- ↑ (en) "Scotland's Diaspora Overseas". Scottish Government. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 24 September 2015. Besoek op 24 September 2015.
- ↑ (en) Roger Collins, Judith McClure; Beda el Venerable, Bede (1999). The Ecclesiastical History of the English People: The Greater Chronicle; Bede's Letter to Egbert. Oxford University Press. p. 386. ISBN.
- ↑ (en) Anthony Richard (TRN) Birley, Cornelius Tacitus; Cayo Cornelio Tácito. Agricola and Germany. Oxford University Press. ISBN.
- ↑ (en) "Scotch". Dictionary.reference.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 4 Maart 2016. Besoek op 3 Oktober 2012.
- ↑ (en) "Scotch: Definition, Synonyms from". Answers.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 November 2018. Besoek op 3 Oktober 2012.
- ↑ (en) Landsman, Ned C. (1 Oktober 2001). Nation and Province in the First British Empire: Scotland and the Americas. Bucknell University Press. ISBN.
- ↑ (en) Harris, Stephen J. (1 Oktober 2003). Race and Ethnicity in Anglo-Saxon Literature. Routledge (VK). p. 72. ISBN.
Bronne
[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is vertaal uit die Engelse Wikipedia
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Skotte.
