close
Gaan na inhoud

Tour de France

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
BERJAYA
Kenteken van die Tour de France
BERJAYA
Fietsryers tydens die Tour de France in 2005
BERJAYA
Die geel trui
BERJAYA
Chris Froome, viermalige wenner van die Tour de France

Die Tour de France (Frans: [tuʁ də fʁɑ̃s], letterlik: "Toer deur Frankryk") of kort Le Tour ([ləˈtuːʀ], "die toer"), ook Grande Boucle ([gʀɑ̃dˈbukl], "Groot Lus") genoem, is die bekendste en belangrikste fietswedren ter wêreld. Die wedren strek oor drie weke – dus eintlik 'n toer – en vind altyd gedurende Julie plaas. Die eerste wedren het in 1903 plaasgevind en gedurende 2024 het die wedren vir die 111de keer plaasgevind; dit is slegs tydens die Eerste en Tweede Wêreldoorlog, asook die wêreldwye Covid-19-pandemie gekanselleer. Alhoewel die roete jaarliks gewysig word, lei dit deur die hele Frankryk en aangrensende lande. Saam met die toer van Italië (Giro d’Italia) en die toer van Spanje (Vuelta a España) vorm dit deel van die Groot Drie Toere (Grand Tours). Die wenner is die ryer met die minste totale tyd na afloop van die toer; elke skof se tyd word bymekaar getel. Die wenner kry die geeltrui (maillot jaune). Die wenspan is die span met die minste totale tyd na afloop van die toer; die beste drie ryers se tye van elke span word vir elke skof bymekaar getel.

Wenners sedert 2000

[wysig | wysig bron]
JaarWennerNasionaliteit
2000Lance Armstrong (gediskwalifiseer)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2001Lance Armstrong (gediskwalifiseer)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2002Lance Armstrong (gediskwalifiseer)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2003Lance Armstrong (gediskwalifiseer)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2004Lance Armstrong (gediskwalifiseer)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2005Lance Armstrong (gediskwalifiseer)Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
2006Óscar PereiroVlag van Spanje Spanje
2007Alberto ContadorVlag van Spanje Spanje
2008Carlos SastreVlag van Spanje Spanje
2009Alberto ContadorVlag van Spanje Spanje
2010Andy Schleck*Vlag van Luxemburg Luxemburg
2011Cadel EvansVlag van Australië Australië
2012Bradley WigginsVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2013Chris FroomeVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2014Vincenzo NibaliVlag van Italië Italië
2015Chris FroomeVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2016Chris FroomeVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2017Chris FroomeVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2018Geraint ThomasVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
2019Egan BernalVlag van Colombia Colombia
2020Tadej PogačarVlag van Slowenië Slowenië
2021Tadej PogačarVlag van Slowenië Slowenië
2022Jonas VingegaardVlag van Denemarke Denemarke
2023Jonas VingegaardVlag van Denemarke Denemarke
2024Tadej PogačarVlag van Slowenië Slowenië
2025Tadej PogačarVlag van Slowenië Slowenië
  • Die titel is eers in 2012 aan Andy Schleck toegeken nadat Alberto Contador gediskwalifiseer is vir 'n positiewe opkikker-toets.[1]

Suid-Afrikaners op die Tour de France

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Daryl Impey tydens die Tour de France 2013 in die geeltrui

Robbie Hunter en John-Lee Augustyn was die eerste twee Suid-Afrikaners wat aan die Tour de France deelgeneem het. Robbie Hunter is die eerste Suid-Afrikaner nog wat 'n skof kon wen in die Tour de France en wel gedurende die 2007-toer. Daryl Impey het aan die 2012-toer deelgeneem en gedurende die 2013-toer die geeltrui gedra na die sesde skof, die eerste Suid-Afrikaner wat dit kon vermag. Tydens die 2019-toer het Daryl Impey die negende skof gewen en die tweede Suid-Afrikaner geword wat dit kon vermag.

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (af) Beeld. Andy Schleck uit Tour de France 13 Junie 2012

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • (fr) Amptelike webwerf
  • (en) "Tour de France". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 Julie 2025.