close
Gaan na inhoud

Saturnprys

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
 BERJAYA      Saturnprys      

'n Silhoeët van die Saturnprys.
'n Silhoeët van die Saturnprys.
Toegeken virUitnemendheid in die genre fiksierolprente, -televisieprogramme en -tuisvideo's
BorgAcademy of Science Fiction, Fantasy and Horror Films
LandVlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State
Vorige naamGolden Scroll
Eerste toekenning1973
Webtuistewww.saturnawards.tv

Die Saturnpryse[1] is Amerikaanse toekennings wat jaarliks deur die Academy of Science Fiction, Fantasy and Horror Films oorhandig word. Die pryse is geskep om wetenskapsfiksie, fantasie en gruwels in rolprente te vereer, maar is sedertdien uitgebrei om ander rolprente wat tot die genre "fiksie" behoort, sowel as televisie- en tuismedia-uitreikings, te beloon. Die Saturnpryse is aanvanklik die Golden Scrolls genoem.

Geskiedenis

[wysig | wysig bron]
BERJAYA
Vince Gilligan en Aaron Paul op die 36ste Saturnprysaand.

Die Saturn-toekennings is in 1972 deur Donald A. Reed bedink. Hy het gevoel werk in rolprente in die genre "wetenskapsfiksie" kry nie op daardie tydstip erkenning binne die gevestigde Hollywood-rolprentbedryf se stelsel nie.[2] Aanvanklik was die toekenning wat oorhandig is, ’n Golden Scroll-sertifikaat.[3] In die laat 1970's is die toekenning verander na ’n voorstelling van die planeet Saturnus, met sy ringe wat uit ’n filmspoel bestaan.

Die Saturnpryse word deur 'n stemming deur die lede van die akademie bepaal. Die akademie is ’n niewinsgewende organisasie waarvan lidmaatskap vir die publiek oop is. Die president en uitvoerende vervaardiger daarvan is Robert Holguin, en die vervaardigers/skrywers Bradley Marcus en Kevin Marcus.[4] Onder sy lede is rolprentvervaardigers soos Steven Spielberg, Bryan Fuller en James Cameron.[5]

Ná die 46ste seremonie, wat in 2021 gehou is, is besluit om die 47ste een die "50ste Saturnprystoekennings" te noem om die 50ste herdenking van die Saturnpryse te vier. Daaropvolgende seremonies het met die nuwe nommering voortgegaan.[6]

Pryskategorieë

[wysig | wysig bron]

Rolprente

[wysig | wysig bron]
  • Beste wetenskapsfiksieprent (sedert 1972)
  • Beste gruprent (sedert 1972)
  • Beste fantasieprent (sedert 1973)
  • Beste animasieprent (1978, 1982, sedert 2002)
  • Beste internasionale prent (1979-'82, sedert 2006)
  • Beste aksie- of avontuurprent (sedert 1994)
  • Beste onafhanklike prent (sedert 2012)
  • Beste rillerprent (sedert 2013)
  • Beste kinomaties verwerkte prent (sedert 2026)
  • Beste internasionale animasieprent (sedert 2026)
  • Beste rolprentregisseur (sedert 1974)
  • Beste rolprentskryfwerk (sedert 1973)
  • Beste akteur in 'n rolprent (sedert 1974)
  • Beste aktrise in 'n rolprent (sedert 1974)
  • Beste manlike byspeler in 'n rolprent (sedert 1974)
  • Beste vroulike byspeler in 'n rolprent (sedert 1974)
  • Beste spel deur 'n jonger akteur in 'n rolprent (sedert 1984)
  • Beste musiek (sedert 1973)
  • Beste redigering (1977-'78, sedert 2011)
  • Beste produksieontwerp (sedert 2009)
  • Beste kostuumontwerp (sedert 1976)
  • Beste grimering (sedert 1973)
  • Beste spesiale effekte (sedert 1973)

Televisie

[wysig | wysig bron]
  • Beste TV-aanbieding (sedert 1994)
  • Beste TV-wetenskapsfiksiereeks (sedert 2015)
  • Beste TV-fantasiereeks (sedert 2015)
  • Beste TV-grureeks (sedert 2015)
  • Beste TV-aksierillerreeks (sedert 2015)
  • Beste TV-superheldreeks (sedert 2015)
  • Beste TV-aniemasiereeks (sedert 2017)
  • Beste TV-reeks in 'n nuwe genre (sedert 2024)
  • Beste akteur op TV (sedert 1996)
  • Beste aktrise op TV (sedert 1996)
  • Beste manlike byspeler op TV (sedert 1999)
  • Beste vroulike byspeler op TV (sedert 1999)
  • Beste gasrolvertolking op TV (sedert 2008)
  • Beste spel deur 'n jonger akteur in 'n TV-reeks (sedert 2013)

Tuismedia

[wysig | wysig bron]
  • Beste klassieke tuisprent (sedert 2001)
  • Beste TV-tuismedia-uitreiking (sedert 2002)
  • Beste tuisprentversameling (sedert 2003)
  • Beste 4K-tuismedia-uitreiking (sedert 2021)

Spesiale pryse

[wysig | wysig bron]
  • George Pal-herdenkingsprys
  • Lewensloopbaanprys
  • President se herdenkingsprys
  • Spesiale Erkenningsprys
  • Prys vir deurbraakspel

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Academy of Science Fiction, Fantasy, and Horror ... and the Saturn Goes to ..." The Huffington Post. 21 Julie 2014. Besoek op 25 Januarie 2016.
  2. About the founder: Dr. Donald A. Reed (1935–2001)
  3. Fxperts - Saturn Award history Besoek op 25 September 2019.
  4. Membership and / or Donation information
  5. "The Academy of Science Fiction Fantasy & Horror Films". Besoek op 15 Februarie 2011.
  6. "ElectricNOW Will Air the 50th Anniversary Saturn Awards Show". Electric Entertainment. 10 Desember 2021. Besoek op 8 Desember 2023.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]