close
Gaan na inhoud

Rathenow

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Rathenow
BERJAYA

Kaart Wapen
BERJAYA
BERJAYA
Vlag
 Land BERJAYA Duitsland
 Deelstaat BERJAYA Brandenburg
 Distrik Havelland (HVL)
 Koördinate 52° 36' N, 12° 20' O
 Stigting (eerste verwysing) 1157
 Stadstatus 1295
 Oppervlakte:  
 - Totaal 105,68 vk km
 Hoogte bo seevlak 29 m
 Bevolking:  
 - Totaal (31 Desember 2013) 24 164
 - Bevolkingsdigtheid 229/vk km
 Tydsone UTC +1 (MET)
 - Somertyd UTC +2
 Klimaat  
 - Tipe Gematigde klimaat
 - Gemiddelde jaarlikse temperatuur 9 °C
 - Gem. temp. Januarie/Julie -°C
 - Gemiddelde jaarlikse neerslag 536 mm
 Burgemeester Ronald Seeger (CDU)
 Amptelike Webwerf Rathenow

Rathenow [ˈʁaːtənoː] is 'n stad in die Duitse deelstaat Brandenburg en die administratiewe setel van die distrik Havelland met 'n bevolking van sowat 24 000. Dit is sowat 70 kilometer wes van Berlyn aan die Havelrivier geleë.

Rathenow, wat reeds in 1295 stadstatus verwerf het, het in die DDR-tydperk tussen 1949 en 1990 met sy optiese bedryf 'n belangrike rol op Oosblok-markte gespeel. Die plaaslike staatsonderneming VEB Rathenower Optische Werke (ROW) was destyds die leidende verskaffer van brille en ander optiese produkte op Oos-Europese markte. Met die verval van die Sowjetunie en die ineenstorting van Oosblok-ekonomieë ná 1989 het die onderneming skielik die grootste deel van sy afsetgebiede verloor. Sedert 13 Mei 2013 dra Rathenow die amptelike bynaam Stadt der Optik.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Koördinate: 52°36′N 12°20′E / 52.600°N 12.333°O / 52.600; 12.333