close
Gaan na inhoud

Norman Foster

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Norman Foster
BERJAYA
Norman Foster in Dresden (2006)
Gebore
Norman Robert Foster

1 Junie 1935 (1935-06-01) (90 jaar oud)
NasionaliteitVlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk
Beroepargitek
Bekend vir30 St Mary Axe, Londen
Willis Faber en Dumas-hoofkwartier, Ipswich
Wembley-stadion
EggenootElena Ochoa (1996–hede)
Ouer(s)Robert Foster
Lilian Smith
WebwerfAmptelike webwerf van Foster en Partners

Norman Robert Foster (gebore op 1 Junie 1935 in Reddish, Stockport, Cheshire, Engeland), sedert 1990 Sir Norman Foster en sedert 1999 ook Lord Foster of Thames Bank, is 'n Britse argitek.

Foster is bekend vir sy ontwerpe van onder andere die Millenniumbrug (wat oor die Teems in Londen strek), asook 30 St Mary Axe, (beter bekend as die "Gherkin", in dieselfde stad) en die koepel op die ryksdaggebou in Berlyn. Sy ontwerpe kan so ver as die Volksrepubliek China, Australië, Kanada en Kasakstan besigtig word.

Hy is in twee eksklusiewe ordes opgeneem, die Duitse orde Pour le Mérite ("vir die meriete") en, in 1997, die Briste Order of Merit ("orde van meriete"). Hy is ook benoem tot Life Peer, wat beteken dat hy vir die res van sy lewe as 'n edelman beskou sal word en, as 'n baron, behoort hy tot die Britse Hoërhuis.

Galery

[wysig | wysig bron]

'n Aantal van Foster se ontwerpe:

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • (en) Amptelike webwerf van Foster en Partners
  • (en) "Norman Foster". Encyclopædia Britannica. Besoek op 27 April 2026.