close
Gaan na inhoud

Morris West

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Morris West
BERJAYA
Morris West
Gebore
Morris Langlo West

(1916-04-26)26 April 1916
St Kilda, Victoria, Australië
Sterf9 Oktober 1999 (op 83)
Clareville, Nieu-Suid-Wallis, Australië
NasionaliteitAustralies
BeroepSkrywer
Noemenswaardige werke
  • The Shoes of the Fisherman, Duiwels-advokaat

Morris Langlo West (26 April 1916  9 Oktober 1999) was 'n Australiese romansier en dramaturg. Dis veral sy romans waardeur hy beroemdheid verkry het, met titels soos Duiwels-advokaat (Oorspronklik uitgegee onder die Engelse titel The Devil's Advocate in 1959. Dit is in Afrikaans vertaal deur Marie van der Merwe en uitgegee deur Boek Mosaïek, Johannesburg in 1967), The Shoes of the Fisherman (1963) en The Clowns of God (1981). Sy boeke is gepubliseer in 27 tale, waarvan meer as 60 miljoen eksemplare wêreldwyd verkoop is. Van elke nuwe boek wat hy geskryf het nadat hy reeds 'n gevestigde skrywer was, is meer as een miljoen eksemplare verkoop.[1]

West se werke fokus dikwels op internasionale politiek en die rol van die Rooms-Katolieke Kerk in internasionale sake. In The Shoes of the Fisherman beskryf hy die verkiesing en loopbaan van 'n Slawiër as Pous, 15 jaar voor die historiese verkiesing van Karol Wojtyła as Pous Johannes Paulus II. Die opvolg hierop, The Clowns of God, beskryf 'n opvolgerpous wat die pousdom bedank om in afsondering te leef, 32 jaar voor die abdikasie van Pous Benedictus XVI in 2013.

Vroeë lewe

[wysig | wysig bron]

West is gebore in St Kilda, Victoria, as die seun van 'n kommersiële verkoopsman. Hy is weens die grootte van die gesin gestuur om saam met sy grootouers te woon. Hy het die Christian Brothers College in St Kilda bygewoon waar die prys van Dux in 1929 deur Aartsbiskop Daniel Mannix aan hom toegeken is.

West is op 14-jarige ouderdom ingeskryf by die gemeenskap van die Congregation of Christian Brothers by St Patricks in Strathfield, Sydney, "as 'n tipe toevlugsoord" tydens moeilike kinderjare.[2]

In 1934 het hy begin om onderwys te gee aan St Thomas's Primary School, Lewisham, en tot 1936 in die gemeenskap gewoon. Hy het tussen 1937 en 1939 aan skole in Tasmanië en Nieu-Suid-Wallis onderrig gegee, terwyl hy ook aan die Universiteit van Tasmanië gestudeer het.

Hy het die Christian Brothers-orde in 1940 verlaat en as verkoopsman en onderwyser gewerk.

Oorlogsdiens

[wysig | wysig bron]

In April 1941 het West by die Koninklike Australiese Lugmag aangesluit. Hy is as luitenant aangestel en het as 'n kodeoffisier gewerk. Hy is uiteindelik in 1944 na Gladesville, Nieu-Suid-Wallis, verplaas. Hy het 'n ruk vir Billy Hughes, voormalige Australiese premier, gewerk.

Sy eerste gepubliseerde roman, Moon in My Pocket, het in 1945 onder die skuilnaam Julian Morris verskyn. Hy het dit geskryf terwyl hy in die lugmag was. Dit is deur die Australasian Publishing Company, 'n tak van Harrap's Publishing Company in Londen, uitgegee, en meer as 10 000 eksemplare daarvan is verkoop.[3][4]

Radiovervaardiger

[wysig | wysig bron]

West het as publisiteitsbestuurder by 3DB, 'n Melbourne-radiostasie, gewerk. Hy het na die radiodrama oorgeskakel en sy eie radioproduksiemaatskappy genaamd ARP gestig, wat van 1945 tot 1954 bedryf is. Vir die volgende 10 jaar het hy gefokus op die skryf, regie en vervaardiging van radiodramas en -reekse.

Sy radiodramas sluit in "The Mask of Marius Melville" (1945), "The Curtain Rises" (1946),[5] The Affairs of Harlequin (1951), The Prince of Peace (c. 1951), When a Girl Marries (1952),[6] The Enchanted Island (1952), Trumpets in the Dawn (c. 1953–54) en Genesis in Juddsville (c. 1955–56).

Die werklas op sy skouers en 'n krisis in sy huwelik het daartoe gelei dat West 'n senuwee-ineenstorting gehad het. Hy het uiteindelik sy maatskappy verkoop om voltyds op sy skryfwerk te fokus.[7]

Romansier

[wysig | wysig bron]

Vroeë werke

[wysig | wysig bron]

West se eerste roman wat onder sy eie naam gepubliseer is was Gallows on the Sand (1955), wat in slegs sewe dae geskryf is. Hy het dit opgevolg met Kundu (1956), 'n Nieu-Guinese avontuur, geskryf in drie weke.[7] Hy het ook 'n toneelstuk geskryf getiteld The Illusionists (1955).

West het saam met sy gesin na Europa verhuis. Sy derde roman was The Big Story (1957), wat later verfilm is as The Crooked Road (1965).

'n Reis na Napels het gelei tot 'n ontmoeting met die priester, sosioloog en opvoedkundige Mario Borrelli, wat onder die straatseuns van Napels gewerk het. Die resultaat hiervan was die nie-fiksie boek Children of the Sun (1957) wat West se eerste internasionale sukses was.[7][8] Volgens 'n latere profiel oor die outeur:

With this work, West not only found his way as a writer but discovered the theme that would underpin almost all of his subsequent books — the nature and misuse of power. Of the 18 novels he was to write post-1957, 15 are on this subject. This discovery was particularly felicitous for West because, it suited his talents admirably. An interesting comparison may be made with David Williamson, another writer from whom profound thinking and significant insights are not to be expected. What they have in common is a keen eye for the real world around them. By fleshing out the partially familiar, they make perceptive sense of it, demonstrating in the process that the general uneasiness and suspicion ordinary people feel about many aspects of contemporary life are well-founded. West was to show that he could identify these concerns with considerable acuity.[9]

Hierna volg The Second Victory (1958) (ook bekend as Backlash, en later verfilm) en onder die skuilnaam Michael East, McCreary Moves In (1958), ook bekend as The Concubine.

Topverkoper romansier

[wysig | wysig bron]

West se eerste topverkoper roman was The Devil's Advocate (Duiwels-advokaat, wat in Afrikaans vertaal is deur Marie van der Merwe. Die Nederlandse vertaling daarvan deur D. Ouwendijk is in 1959 uitgegee deur H. Nelissen te Bilthoven onder die titel Advocaat van de duivel) (1959), waaraan hy twee jaar geskryf het.[10] Hy het die filmregte verkoop vir $250,000 en die boek is verwerk vir die verhoog en later vir die silwerdoek.[7] West het later gesê dat die roman hom etlike miljoene dollars in die sak gebring het.[8]

Hy het 'n verdere roman onder die skuilnaam Michael East geskryf getiteld, The Naked Country (1960), wat in die 1980's vir die silwerdoek verwerk is. Daughter of Silence (1961) is ook verwerk vir die verhoog.

Gedurende hierdie tyd was hy van 1956 tot 1963 die Vatikaanse korrespondent vir die Daily Mail.[11] Sy seun, C. Chris O'Hanlon, het opgemerk dat hy sy eerste 12 verjaarsdae in 12 verskillende lande spandeer het.

The Shoes of the Fisherman (1963) was 'n reuse sukses; meer as ses miljoen eksemplare daarvan is verkoop, en dit is ook verwerk vir die silwerdoek.[12]

Dit is gevolg deur The Ambassador (1965), The Tower of Babel (1968), Summer of the Red Wolf (1971)[13] en The Salamander (1973). Hy het ook 'n nie-fiksie boek geskryf getiteld Scandal in the Assembly: A Bill of Complaints and a Proposal for Reform of the Matrimonial Laws and Tribunals of the Roman Catholic Church (1970, saam met Robert Francis).

Hierna het hy The Heretic geskryf, 'n toneelstuk gebaseer op die lewe van Giordano Bruno, wat in 1973 opgevoer is in Londen. Verdere romans het hierop gevolg naamlik: Harlequin (1974), The Navigator (1976),[14] Proteus (1979) en The Clowns of God (1981).[15] In 1978 was hy woonsaam in Engeland, New York en Italië, en hy het opgemerk: "Ek is 'n Australiër van oorsprong, sowel as wat my identiteit as my maniërismes betref. Ek het nog nooit gevoel dat my identiteit verwater is deur 'n Europese opvoeding te bekom, of deur vlotheid in drie tale te verwerf en in die buiteland te woon nie."[16] Sy voorskot vir Clowns of God was £100,000.[17] Teen 1981 is meer as 25 miljoen eksemplare van sy boeke verkoop.[18]

West het in 1982 die toneelstuk The World is Made of Glass geskryf vir die Adelaide Festival. Hy het dit omgewerk in 'n roman wat die volgende jaar gepubliseer is.[7]

Terugkeer na Australië

[wysig | wysig bron]

In 1982 het West teruggekeer na Australië. Sy latere romans sluit in: Cassidy (1986) (wat 'n mini-reeks geword het), Masterclass (1988), Lazarus (1990), The Ringmaster (1991) en The Lovers (1993).[19]

In 1993 het West aangekondig dat hy sy laaste boek geskryf het en 'n formele afskeidsdinee is ter ere van hom gehou. Hy het egter gevind dat hy nie kon aftree soos hy beplan het nie, en 'n verdere drie romans en twee nie-fiksieboeke geskryf: Vanishing Point (1996) en Eminence (1998), plus 'n bloemlesing getiteld Images and Inscriptions (1997) en sy memoires, A View from the Ridge: The Testimony of a Twentieth-century Pilgrim (1996).[20][21]

Hy sterf ten tyde van sy werk aan die roman The Last Confession, wat in 2000 postuum uitgegee is.

Skryfwerk

[wysig | wysig bron]

'n Belangrike tema van 'n groot deel van West se werk kan in die vorm van 'n vraag aangebied word: Wanneer soveel organisasies uiterste geweld vir bose doeleindes gebruik, wanneer en onder watter omstandighede is dit moreel aanvaarbaar vir hul teenstanders om met geweld te reageer? Hy het by verskillende geleenthede gesê dat sy romans almal oor dieselfde aspek van die lewe handel, dit wil sê die dilemma wanneer jy vroeër of later 'n situasie het waar niemand jou kan sê wat om te doen nie.[22]

West het nie dikwels sy werk hersien nie. Sy eerste handgeskrewe weergawe het gewoonlik nie wesenlik verskil van die finale gedrukte weergawe nie.[21] Ten spyte daarvan dat hy verskeie pryse gewen het, verskeie eredoktorsgrade ontvang het,[23] kommersiële sukses as skrywer behaal het en 'n uiters begaafde storieverteller was, is hy nooit aanvaar as deel van Australië se literêre establishment nie. In die 1998 Oxford Literary History of Australia is gesê dat: "Ten spyte van sy internasionale gewildheid, is West verbasend verwaarloos deur Australiese literêre kritici." Die vorige uitgawe, geredigeer deur Dame Leonie Kramer, het hom glad nie eens genoem nie.[1]

West is in 1959 met die James Tait Black-gedenkprys bekroon vir Duiwels-advokaat. In die vroeë 1960's het hy gehelp om die Australian Society of Authors te stig.[1] Hy het in 1986 die Playford-lesing aangebied.[22]

Eerbewyse

[wysig | wysig bron]

West is aangestel as lid van die Orde van Australië tydens die Australië-dag eerbewyse van 1985.[24] Hy is ook aangestel as Offisier van die Orde tydens Die Koningin se verjaardags-eerbewyse van 1997.[25]

Werke

[wysig | wysig bron]

Fiksie

[wysig | wysig bron]
  • Moon in My Pocket (1945, met gebruikmaking van die skuilnaam "Julian Morris")
  • Gallows on the Sand (1956)
  • Kundu (1956)
  • The Big Story (1957; ook bekend as The Crooked Road)
  • The Second Victory (1958; ook bekend as Backlash)
  • McCreary Moves In (1958, met gebruikmaking van die skuilnaam "Michael East"; ook bekend as The Concubine)
  • Duiwels-advokaat (1959)
  • The Naked Country (1960, met gebruikmaking van die skuilnaam "Michael East")
  • Daughter of Silence (1961)
  • The Shoes of the Fisherman (1963)
  • The Ambassador (1965)
  • The Tower of Babel (1968) (Afrikaanse vertaling uitgegee as die toring van babel)
  • Summer of the Red Wolf (1971)
  • The Salamander (1973)
  • Harlequin (1974; ook bekend as The Duel of Death)
  • The Navigator (1976)
  • Proteus (1979)
  • The Clowns of God (1981)
  • The World Is Made of Glass (1983)
  • Cassidy (1986)
  • Masterclass (1988)
  • Lazarus (1990)
  • The Ringmaster (1991)
  • The Lovers (1993)
  • Vanishing Point (1996)
  • Eminence (1998)
  • The Last Confession (2000, postuum gepubliseer)

Radio-reekse

[wysig | wysig bron]
  • The Mask of Marius Melville (1945)[26]
  • The Prince of Peace (1951)[27]
  • Trumpets in the Dawn (1953–54)[27]
  • Genesis in Juddsville (1955–56)[28]

Radiodramas

[wysig | wysig bron]
  • episode van Deadline

Toneelstukke

[wysig | wysig bron]
  • The Illusionists (1955)
  • The Devil's Advocate (1961)
  • Daughter of Silence (1962)
  • The Heretic (1969)
  • The World is Made of Glass (1982)

Nie-fiksie

[wysig | wysig bron]
  • Children of the Sun: The Slum Dwellers of Naples (1957) (VSA titel: Children of the Shadows: The True Story of the Street Urchins of Naples)
  • Scandal in the Assembly: A Bill of Complaints and a Proposal for Reform of the Matrimonial Laws and Tribunals of the Roman Catholic Church (1970, saam met Robert Francis)
  • West, Morris (1996). A View from the Ridge: The Testimony of a Twentieth-century Pilgrim. Sydney: HarperCollins. ISBN 0-7322-5757-3.
  • West, Morris (1997). Images & Inscriptions. Selected and arranged by Beryl Barraclough. Sydney: HarperCollins. ISBN 0-7322-5827-8.

Rolprentverwerkings

[wysig | wysig bron]
  • The Crooked Road (gebaseer op The Big Story) (1965), met Robert Ryan
  • The Shoes of the Fisherman (1968), met Anthony Quinn
  • The Devil's Advocate (1977), met John Mills, Daniel Massey, Paola Pitagora en Stéphane Audran
  • The Salamander (1981)
  • The Naked Country (1984)
  • The Second Victory (1986)
  • Cassidy (mini-reeks) (1989)

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. 1 2 3 Sally Blakeney, "The outsider: How the literati shunned a luminary", Weekend Australian, 16–17 Oktober 1999
  2. Honan, William H., "Morris West, Popular Novelist Focusing on Faith, Dies at 83", New York Times, 12 Oktober 1999.
  3. "Saturday MAGAZINE". The Canberra Times. 6 Augustus 1994. p. 43. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  4. ""Moon in My Pocket", by Julian Morris.—Australasian Publishing Co. Pty. Ltd., Sydney". The Sydney Morning Herald. 29 September 1945. p. 7. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  5. "Radio Humour of Himalayas". The Advocate. Melbourne. 16 Januarie 1946. p. 18. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  6. "GEORGE HART'S Radio Round- up". The Sun (LATE FINAL EXTRA uitg.). Nieu-Suid Wallis, Australië. 10 Oktober 1952. p. 10. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  7. 1 2 3 4 5 "WRITERS' WORLD". The Canberra Times. 20 Augustus 1983. p. 12. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  8. 1 2 "FEATURES". The Canberra Times. 10 September 1994. p. 47. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  9. Missen, Mollie (20 Februarie 1993). "A master storyteller signs off". Sydney Morning Herald. p. 44.
  10. "The Australian Novelists I. MORRIS WEST". The Bulletin. 18 Januarie 1961. p. 18.
  11. Janet Chimonyo, "Vatican tag", Weekend Australian, 13–14 Junie 1998,
  12. Davies, Hunter (1 September 1981). "Morris West: the monk from Melbourne identifier". The Bulletin. p. 72.
  13. "West in the isles". The Canberra Times. 9 Oktober 1971. p. 15. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  14. ""I've always wanted to do a musical"". The Australian Women's Weekly. Australië. 25 Februarie 1976. p. 13. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  15. "Morris West on the millennium". The Canberra Times. 24 April 1985. p. 14. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  16. "The obsession of Morris West". The Canberra Times. 28 Maart 1978. p. 13. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  17. "LIFE STYLE". The Canberra Times. 22 April 1981. p. 29. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  18. "Morris West talks about his new book... and hopes he's lost the gift of prophecy". The Australian Women's Weekly. Australië. 18 Maart 1981. p. 13. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  19. "MAGAZINE: BOOKS". The Canberra Times. 13 Maart 1993. p. 9 (Saturday Magazine). Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  20. "Morris West 'rewarded amply' for Ms work". The Canberra Times. 16 November 1988. p. 10. Besoek op 7 April 2020 via Trove.
  21. 1 2 Tony Stephens, "Last Writes'", Sydney Morning Herald, Spectrum, 3 Junie 2000
  22. 1 2 Maryanne Confoy, "Morris the maverick", Weekend Australian, 5–6 Maart 2005
  23. Ramona Koval, "Academics, we want to feel your passion!", Weekend Australian, 16–17 Oktober 1999
  24. "It's an Honour: AM". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 12 Desember 2019. Besoek op 16 Junie 2010.
  25. "It's an Honour: AO". Geargiveer vanaf die oorspronklike op 27 Desember 2019. Besoek op 16 Junie 2010.
  26. Rodney Wetherell, "Robert Peach, Broadcaster, 1923–2004", Sydney Morning Herald, 28 Januarie 2004
  27. 1 2 Australian Radio Series 1930–1970 Geargiveer 9 Junie 2009 op Wayback Machine
  28. Albert Moran and Chris Keating, The A to Z of Australian Radio and Television. Plymouth, Verenigde Koninkryk: Scarecrow Press, 2007, p. 383

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]

Nog leesstof

[wysig | wysig bron]
  • Confoy, Maryanne (2005). Morris West: Literary Maverick. Milton, Queensland: John Wiley. ISBN 1-74031-119-1.