close
Gaan na inhoud

Lagos

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

Lagos
Èkó
BERJAYA

Kaart Wapen
BERJAYA
BERJAYA
Vlag
BERJAYA
 Land Vlag van Nigerië Nigerië
 Deelstaat Lagos
 Koördinate 06°27′N 03°24′O / 6.450°N 3.400°O / 6.450; 3.400
 Stigting 14de eeu
 Oppervlakte:  
 - Totaal 999,6 vk km
 Hoogte bo seevlak 5 m
 Bevolking:  
 - Totaal (2006) 7 937 932
 - Bevolkingsdigtheid 7 941/vk km
 Tydsone UTC +1 (WAT)
 Burgemeester Babajide Sanwo-Olu
 Amptelike webwerf lagosstate.gov.ng

Lagos (Joroeba: Èkó) is die grootste stad in Afrika en was tot 12 Desember 1991 die hoofstad van die Wes-Afrikaanse land Nigerië toe dit deur Abuja in die Federale Hoofstadgebied, reg in die middel van die land, vervang is. Die regering het met die beplanning van 'n nuwe hoofstad in 1976 begin om die druk op Lagos se infrastruktuur te verlig.

BERJAYA
Lagos-eiland
BERJAYA
Victoria-eiland

Die stad is steeds die land se vernaamste hawe en geleë op Lagoseiland wat met twee brûe aan die vasteland verbind word. Die eiland waarop dit geleë is, is agt kilometer lank en 1,6 km breed.

Die gebied is die eerste keer bewoon omstreeks 1700 en was 'n sentrum van die slawehandel tot in die middel van die negentiende eeu. Die Britte het dit in 1851 beset waarna dit in 1862 die kolonie van Lagos geword het. In 1906 word dit deel van die suidelike Nigeriese protektoraat en was die hoofstad van die land van 1960 af.

Die stad beskik oor 'n universiteit, tenkskipterminaal en van die vernaamste bedrywe is metale, chemikalieë, vis, gas, brouery en toerisme. Die besienswaardighede is onder meer die nasionale museum, paleis en 'n perderesiesbaan.

Lagos se bevolking volgens die 2006-sensus was 7 937 932 en dit beslaan 'n oppervlakte van 996,2 km². In 2012 is die bevolking op 21 000 000 geskat wat dit die grootste stad in Afrika maak. Na raming groei die stad die sewende vinnigste ter wêreld en die vinnigste in Afrika.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Lagos.
  • (en) Toerisme-inligting oor Lagos op Wikivoyage
  • (en) Amptelike webwerf van Lagos
  • (en) "Lagos". Encyclopædia Britannica. Besoek op 9 April 2026.