La Samaritaine
Voorkoms

Die La Samaritaine is 'n afdelingswinkel in Parys, aan die Seine, net agter die Louvre.[1]
Die gebou is in 1903 in die Art Nouveau-styl gebou. Die binnekant word gekenmerk deur 'n ryk verskeidenheid organiese vorms in gebrandskilderde glasvensters, geverfde trappe en gietysterbalkonne, en geteëlde muurpanele met blommotiewe. Op die 11de verdieping se terras is daar 'n kafee met pragtige uitsigte.[2]
Die afdelingswinkel is gestig deur die Cognacq-Jay-familie, wat groot bedrae geld aan humanitêre oorsake geskenk het en ook groot kunsliefhebbers was. Die kuns kan gesien word in die Cognacq-Jay Museum in rue Elzévir. La Samaritaine is nou in besit van die LVMH-maatskappy.[3]
Verwysings
[wysig | wysig bron]Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie La Samaritaine.
