close
Gaan na inhoud

Frida Kahlo

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Frida Kahlo
BERJAYA
Kahlo in 1932
Geboortenaam Magdalena Carmen Frieda Kahlo y Calderón
Gebore (1907-07-06)6 Julie 1907
Coyoacán, Meksikostad, Meksiko
Sterf 13 Julie 1954 (op 47)
Coyoacán, Meksikostad, Meksiko
Nasionaliteit Vlag van Meksiko Meksiko
Veld Skildery
Opleiding Self-onderrig
Beweging Surrealisme, Magiese realisme
Werke in Museums:
Albright–Knox Art Gallery
Fundación Proa, Buenos Aires
Frida Kahlo Museum, Coyoacán
Harry Ransom Center
Madison Museum of Contemporary Art
Museo Dolores Olmedo
Museo de Arte Moderno, Instituto Nacional de Bellas Artes, Meksikostad
Museum of Modern Art
Phoenix Art Museum
San Francisco Museum of Modern Art

Magdalena del Carmen Frieda Kahlo y Calderón (* 6 Julie 1907 in Coyoacán, Meksikostad; † 13 Julie 1954 in Coyoacán, Meksikostad) was 'n Meksikaanse skilderes. Sy word by die beduidendste verteenwoordigers van volksverbonde surrealisme gereken, alhoewel haar werke soms ook elemente van Nuwe Saaklikheid toon. Haar selfportret, getiteld "El sueño" ("Die Droom"), hou die rekord as die duurste kunswerk deur 'n vroulike kunstenaar wat nog ooit op 'n veiling verkoop is, teen $54,7 miljoen.[1]

Frida Kahlo het met haar skilderye dikwels na Meksiko se vroeë Asteekse en Maya-kuns verwys en daarnaas ook die Europese kunsgeskiedenis gereflekteer. Haar werke behandel eweneens sosiale en politieke kwelvrae. Haar betekenis as kunstenares word bevestig deur haar indrukwekkende verwerking van haar persoonlike lyde, veral haar chroniese siekte, maar ook haar huweliksprobleme. 55 van haar 143 skilderye is selfportrette.

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Frida Kahlo painting breaks records at auction – DW – 11/21/2025". dw.com (in Engels). Besoek op 22 November 2025.

Bronne

[wysig | wysig bron]