close
Gaan na inhoud

Frank Gehry

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie

BERJAYA

Frank Gehry

Kanadees-Amerikaanse argitek


Gebore
28 Februarie 1929
in Toronto, Kanada


Oorlede
5 Desember 2025
in Santa Monica, Verenigde State


Skool
Postmodernistiese argitektuur


Beduidende projekte
Guggenheim-museum in Bilbao, Spanje


BERJAYA
Walt Disney-konsertsaal, Los Angeles


Toekennings en pryse

Pritzker-prys (VSA) in 1989
National Medal of the Arts (VSA) in 1998
American Institute of Architects Gold Medal in 1999

Frank Owen Gehry, gebore as Frank Owen Goldberg (* 28 Februarie 1929 in Toronto, Kanada; † 5 Desember 2025), was 'n Amerikaanse argitek wat internasionale bekendheid verwerf het met sy postmoderne, dikwels beeldhouagtige ontwerpe. Baie van sy werke, waaronder sy privaat woning (en eerstelingwerk) in die Suid-Kaliforniese kusdorp Santa Monica, het argitektoniese besienswaardighede van wêreldfaam geword soos die Guggenheim-museum in Bilbao, Spanje, en die Walt Disney-konsertsaal in die middestad van Los Angeles.

Gehry se gesin het hulle in 1947 in Los Angeles gevestig waar hy argitektuur aan die Universiteit van Suid-Kalifornië gestudeer het. Vervolgens het hy 'n akademiese opleiding in stadsbeplanning aan die Harvard-universiteit gevolg. Nadat hy vir 'n verskeidenheid ateljees werksaam was, het Gehry in 1962 sy eie onderneming, Frank O. Gehry & Associates, gevestig. Dit is in 2002 opgevolg deur Gehry Partners.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
  • Wikimedia Commons logo Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Frank Gehry.
  • (en) "Frank Gehry". Encyclopædia Britannica. Besoek op 5 Desember 2025.