Fort Wonderboompoort

Fort Wonderboompoort was ‘n vesting wat op die vooraand van die Tweede Vryheidsoorlog gebou is om die noordelike ingang tot Pretoria te beskerm.
Ligging
[wysig | wysig bron]Die bouval van die fort is op een van die hoogste punte in die Magaliesbergreeks, so ‘n 180 m bo die vallei en aan die oostekant van die poort. Dit is in die Wonderboom-natuurreservaat, net oos van die Apiesrivier by die koördinate 25° 41′ suid en 28° 11′ oos.
Bou
[wysig | wysig bron]Die Von Dewitz-plan het behels dat 8 forte rondom die hoofstad van die ZAR gebou moes word om dit teen ‘n moontlike Britse aanval te beskerm. Otto Albrecht Adolph von Dewitz, ‘n oud-offisier in ‘n Duitse militêre mag, en Heinrich C. Werner was ingenieurs in diens van die firma Krupp. Hulle twee in samewerking met die argitek Christiaan Kuntz het hierdie en van die ander forte ontwerp. Fort Wonderboompoort is in die geheim opgerig deur die bou-aannemer Celso Giri met die gebruik van plaaslike en Italiaanse messelaars en finansiële steun van die Deutsche Bank. Dit is op 4 September 1897 voltooi.
Fort
[wysig | wysig bron]Hierdie militêre bolwerk in klip het bestaan uit hoë skoorstene, ‘n kruithuis, skuilkelders, ‘n telegraafkantoor, ‘n masjienkamer en ‘n pakkamer en daar was elektrisiteit. Lopende water is uit die Apiesrivier aangelê. In die skans was verskeie kanonne, o.a. die Long Tom. Aanvanklik is die vesting beman deur die eenheid bekend as die Rijdende Artillerie en later die Corps Vesting Artillerie. Soos die oorlog gevorder het, is al meer manskappe aan die vesting onttrek, want die fort was nooit by ‘n geveg betrokke nie. Mettertyd het dit deel van die omringende natuurreservaat geword.
Lees ook
[wysig | wysig bron]Bibliografie
[wysig | wysig bron]- https://artefacts.co.za/main/Buildings/bldgframes.php?bldgid=7653
- Panagos, D.C.: The mystery fo the ZAR forts of Pretoria. In: Military History Journal, deel 13, nr. 1, Junie 2004. https://samilitaryhistory.org/vol131dp.html
- https://sahistory.org.za/place/fort-wonderboompoort-wonderboom-pretoria
