close
Gaan na inhoud

Visayas

Visayas
Inheemse naam: Kabisay-an / Kabisayaan
Ligging van die Visayas in die Filippyne
Ligging van die Visayas in die Filippyne
Geografie
LiggingSuidoos-Asië
Koördinate11°00′N 123°30′O / 11.000°N 123.500°O / 11.000; 123.500
ArgipelFilippyne
HoofeilandeBohol, Cebu, Leyte, Negros, Panay, Samar
Oppervlakte71 503 vk km
Hoogste puntBerg Kanlaon 2 435 m
Administrasie
Vlag van Filippyne Filippyne
StrekeWes-, Sentraal- en Oos-Visayas, Negros Eilandstreek
HoofstadCebu Stad
Grootste stadCebu Stad (912 611)
Demografie
Bevolking19 373 431
BevolkingsgroepeVisayans (Aklanon, Boholano/Bol-anon, Caluyanon, Capiznon, Cebuano, Eskaya, Hiligaynon, Karay-a, Masbateño, Porohanon, Romblomanon, Waray), Ati en ander etniese groepe
BERJAYA
Kaart van die Visayas-eilande:

 Wes-Visayas

 Sentraal-Visayas

 Oos-Visayas

 Negros

Die hoofeilande, vanaf wes tot oos, is Panay, Negros, Cebu, Bohol, Leyte en Samar
BERJAYA
Ligging van die Wes-Visayas in die Filippyne
BERJAYA
Ligging van die Sentraal-Visayas in die Filippyne
BERJAYA
Ligging van die Oos-Visayas in die Filippyne
BERJAYA
Ligging van die Negros Eilandstreek in die Filippyne

Die Visayas (Cebuano en Wáray-Wáray: Kabisay-an [kabiˈsajʔan], Tagalog: Kabisayaan [kabiˈsɐjaʔan], Spaans: Bisayas) is 'n argipel in die middel van die Filippyne en word begrens deur die Sulusee in die suidweste en die Filippynse See in die ooste. Hulle is tussen Luzon in die noorde en Mindanao in die suide geleë.[1] Die Visayas vorm saam met Luzon en Mindanao die eilandnasie Filippyne.

Die eilandgroep het 'n bevolking van sowat 19 373 431 in 2015 gehad en beslaan 'n oppervlakte van 71 503 km². Die hoofstad, Cebu Stad, het 'n bevolking van 922 611 in 2015 gehad.

Die naam van die Visayas is afgelei van die Sanskrit-woorde sri (श्री) vir "gelukkig" of "voorspoedig" en vijaya (विजय) vir "seëvierend" of "uitstekend".

Streke en provinsies

[wysig | wysig bron]

Die Visayas is polities vier streke verdeel, wat uit 16 provinsies bestaan.

Wes-Visayas (Streek VI)

[wysig | wysig bron]

Die Wes-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eiland Panay en het 'n oppervlakte van 12 352,5 km².

Die provinsies van die streek is:

Sentraal-Visayas (Streek VII)

[wysig | wysig bron]

Die Sentraal-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eilande Cebu en Bohol en het 'n oppervlakte van 10 102,1 km².

Die provinsies van die streek is:

Oos-Visayas (Streek VIII)

[wysig | wysig bron]

Die Oos-Visayas bestaan hoofsaaklik uit die eilande Leyte en Samar en het 'n oppervlakte van 23 251 km².

Die provinsies van die streek is:

Negros Eilandstreek (NIR)

[wysig | wysig bron]

Die Negros Eilandstreek bestaan hoofsaaklik uit die eiland Negros en het 'n oppervlakte van 13 665,9 km².

Die provinsies van die streek is:

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Visayan Islands" (in Engels). Encyclopædia Britannica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 Junie 2019. Besoek op 5 Augustus 2017.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Hierdie artikel is in sy geheel of gedeeltelik vanuit die Duitse Wikipedia vertaal.