Prunus mume
| Prunus mume | |
|---|---|
| Wetenskaplike klassifikasie | |
| Domein: | Eukaryota |
| Koninkryk: | Plantae |
| Klade: | Tracheofiete |
| Klade: | Angiospermae |
| Klade: | Eudicots |
| Klade: | Rosids |
| Orde: | Rosales |
| Familie: | Rosaceae |
| Genus: | Prunus |
| Spesie: | P. mume |
| Binomiale naam | |
| Prunus mume (Siebold) Siebold & Zucc., (1836) | |
| Sinonieme | |
| |
Prunus mume is 'n boom wat deel van die Rosaceae-familie is. Die spesie is inheems aan China, Laos en Viëtnam.
Infraspesies
[wysig | wysig bron]Die spesie het drie infraspesies:
- Prunus mume var. cernua Franch.
- Prunus mume var. mume
- Prunus mume var. pallescens Franch.
Kulturele betekenis
[wysig | wysig bron]Dit is die nasionale blom van die Republiek China op Taiwan, waar dit Prunus Mei (Chinees: 梅花) genoem word.[1] Prunus mume is op 21 Julie 1964 deur die Uitvoerende yuan as nasionale blom van die Republiek China aangewys.[2] Dit is 'n simbool vir veerkragtigheid en deursettingsvermoë in die aangesig van teëspoed gedurende 'n strawwe winter.[3][4] Die drievoudige groepering van meeldrade (drie meeldrade per kroonblaar) op die nasionale embleem verteenwoordig Sun Yat-sen se drie beginsels van die volk, terwyl die vyf blomblare die vyf takke van die regering simboliseer.[2][4] Dit is ook die kenteken van China Airlines, die vlagdraer van die Republiek China.[5] Die blom word ook op sommige Nuwe Taiwannese dollarmunte uitgebeeld.[6]
In Japan is Prunus mume die simbool van lente, elegansie en suiwerheid. Die tradisie van hanami is oorspronklik uitgevoer met Prunus mume eerder as met Prunus serrulata soos dit vandag gebruiklik is. In die tradisionele Japannese digkuns haikoe word dit as verteenwoordiger vir die vroeë lente gebruik.
Ook in Korea is Prunus mume die simbool van lente. Dit was die amptelike nasionale blom van die Koreaanse Keiserryk en die amptelike simbool van die Keiser van Korea, waar dit as die Keiserlike Seël van Korea gebruik is. Die huidige nasionale blom van Suid-Korea is egter Hibiscus syriacus.
Galery
[wysig | wysig bron]Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ (en) "National symbols – National flower". Presidentskantoor van die Republiek China (Taiwan). Besoek op 7 Mei 2026.
- 1 2 (en) "Government Information Office, Republic of China – National Flower". Regeringsinligtingskantoor vam die Republiek China. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Augustus 2011. Besoek op 5 Augustus 2011.
- ↑ (en) "The Three Friends of Winter: Paintings of Pine, Plum, and Bamboo from the Museum Collection". Taipei: National Palace Museum (國立故宮博物院). Januarie 2003. Besoek op 31 Julie 2011.
- 1 2 (en) "National Flag, Anthem and Flower". Taiwannese Departement van Buitelandse Sake. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 21 Februarie 2020. Besoek op 21 Februarie 2020.
- ↑ (en) "Looking back". China Airlines. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 17 Augustus 2011. Besoek op 17 Augustus 2011.
- ↑ (en) "Current New Taiwan Dollar Coins". Stad Nieu-Taipei. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 31 Maart 2012. Besoek op 31 Maart 2012.
