close
Gaan na inhoud

Lamine Yamal

in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Lamine Yamal
BERJAYA
Yamal in 2025
Persoonlike inligting
Geboortedatum13 Julie 2007 (2007-07-13) (19 jaar oud)
GeboorteplekEsplugues de Llobregat, Barcelona, Spanje
Lengte1,80 m[1]
SpeelposisieRegtervleuel
Klubinligting
Huidige klubBarcelona
Nommer19
Jeugloopbaan
2012–2014La Torreta
2014–2023Barcelona
Seniorloopbaan*
JareSpanKere(Doele)
2023Barcelona B1(0)
2023–Barcelona101(30)
Nasionale span
2021Spanje o/156(3)
2022Spanje o/164(1)
2022–2023Spanje o/1710(8)
2022Spanje o/191(0)
2023–Spanje33(7)
* Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga. en korrek soos op 22 April 2026.

† Kere uitgedraf (Doele).

‡ Nasionale spankere en -doele korrek soos op 19 Julie 2026

Lamine Yamal Nasraoui Ebana (gebore 13 Julie 2007) is ’n Spaanse professionele sokkerspeler wat as regtervleuel vir die La Liga-klub FC Barcelona en die Spaanse nasionale span speel. Hy staan bekend vir sy spoed, dribbelwerk, uitstekende passings en vermoë om akkurate en kragtige afstandskote te neem. Yamal word wyd beskou as een van die beste jong sokkerspelers ter wêreld.[2]

Sy pa is van Marokko en sy ma is van Ekwatoriaal-Guinee.[3]

Lamine het op 8 September 2023 sy senior debuut vir Spanje teen Georgië gemaak en in die 74ste minuut aangeteken. Op die ouderdom van 16 jaar en 57 dae oud het hy die jongste speler en doelskieter vir Spanje geword.[4]

Aan die einde van die 2024 UEFA Europa-beker is Yamal as die Jong Speler van die Toernooi aangewys. Spanje se 2–1 oorwinning oor Engeland in die eindstryd het hom die jongste speler gemaak om die Europese kampioenskap te wen.[5] Op 19 Julie 2026 het hy wêreldkampioen geword toe Spanje die 2026 FIFA Wêreldbeker gewen het.[6]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. "Lamine Yamal". FC Barcelona. Besoek op 13 Oktober 2024.
  2. Lamine Yamal fcbarcelona.com Geargiveer
  3. Who are Lamine Yamal’s parents Mounir Nasraoui and Sheila Ebana? The Sun (14 Augustus 2024) Geargiveer
  4. Barcelona's Lamine Yamal scores on record-breaking Spain debut espn.co.uk (8 September 2024) Geargiveer
  5. 'Superstar' Yamal makes more history with Euros triumph BBC (13 Julie 2024) Geargiveer
  6. "Spain win the World Cup after Ferran Torres dethrones 10-man Argentina in extra time". The Guardian (in Engels). 19 Julie 2026. Besoek op 19 Julie 2026.