Galle
Galle | |
|---|---|
Stad | |
| Koördinate: 6°3′13″N 80°12′42″O / 6.05361°N 80.21167°O | |
| Land | |
| Provinsie | Suid-Provinsie |
| Distrik | Galle |
| Oppervlak | |
| • Totaal | 16,52 km2 (6,38 vk. myl) |
| Bevolking | |
| • Totaal | 99 478 |
| • Digtheid | 5 712/km2 (14 790/vk. myl) |
| Tydsone | UTC+5:30 (SLST) |
| Poskode | 80000 |
| Skakelkodes | 091 |
| Webwerf | galle.mc.gov.lk |
Galle (Singalees: ගාල්ල; Tamil: காலி) is 'n groot stad in Sri Lanka, geleë op die suidwestelike punt van die eiland van Sri Lanka, 119 km van Colombo. Galle is die administratiewe hoofstad van die Suid-Provinsie en die hoofstad van die Galle-distrik. Galle is die vierde grootste stad in Sri Lanka na die hoofstad Colombo, Kandy en Jaffna.
Galle was voor die aankoms van die Portugese in die 16de eeu bekend as Gimhathiththa, toe reeds die belangrikste hawe op die eiland. Galle het tydens die Nederlandse koloniale tydperk in die 18de eeu die hoogtepunt van sy ontwikkeling bereik. Galle is die beste voorbeeld van 'n versterkte stad wat gebou is deur die Portugese in Suid- en Suidoos-Asië en illustreer die interaksie tussen die Portugese argitektoniese style en inheemse tradisies. Die stad is omvattend versterk deur die Nederlanders gedurende die 17de eeu van 1649 af. Die Galle-fort is 'n wêrelderfenisgebied en is die grootste oorblywende vesting in Asië wat deur Europese setlaars gebou is. Die historiese middestad van Galle is in 1988 deur Unesco as wêrelderfenisgebied gelys.
Galle is op 26 Desember 2004 deur die Indiese Oseaan-aardbewing en -tsoenami van 2004 getref.
Sport
[wysig | wysig bron]Tydens die T20I-vrouewêreldbeker 2012 is Galle se Galle Krieketstadion vir wedstryde gebruik.
Susterstede
[wysig | wysig bron]Fotogalery
[wysig | wysig bron]- Nederlandse Gereformeerde Kerk uit 1755.
- Nederlandse kerkhof
- Binnekant van Nederlandse Gereformeerde Kerk
- Grafstene
Eksterne skakels
[wysig | wysig bron]
Wikimedia Commons het meer media in die kategorie Galle.- (en) Toerisme-inligting oor Galle op Wikivoyage
- (en) (si) (ta) Amptelike webwerf
- (en) (fr) Amptelike Unesco-bladsy
- (en) "Galle". Encyclopædia Britannica. Besoek op 11 Desember 2025.
