Fabio Capello
Capello in 2024 | |||
| Persoonlike inligting | |||
|---|---|---|---|
| Geboortedatum | 18 Junie 1946 | ||
| Geboorteplek | San Canzian d'Isonzo, Friuli Italië | ||
| Lengte | 1,77 m | ||
| Speelposisie | Middelveldspeler | ||
| Jeugloopbaan | |||
| 1962–1964 | SPAL | ||
| Seniorloopbaan* | |||
| Jare | Span | Kere† | (Doele)† |
| 1964–1967 | SPAL | 49 | (3) |
| 1967–1970 | Roma | 62 | (11) |
| 1970–1976 | Juventus | 165 | (27) |
| 1976–1980 | AC Milan | 65 | (4) |
| Totaal | 341 | (45) | |
| Nasionale span | |||
| 1972–1978 | Italië | 32 | (8) |
| Spanne bestuur | |||
| 1982–1986 | AC Milan Primavera | ||
| 1987 | AC Milan (waarnemend) | ||
| 1991–1996 | AC Milan | ||
| 1996–1997 | Real Madrid | ||
| 1997–1998 | AC Milan | ||
| 1999–2004 | Roma | ||
| 2004–2006 | Juventus | ||
| 2006–2007 | Real Madrid | ||
| 2007–2012 | Engeland | ||
| 2012–2015 | Rusland | ||
| 2017–2018 | Jiangsu Suning | ||
| * Kere vir seniorklub uitgedraf en doele is net vir die plaaslike liga.. † Kere uitgedraf (Doele). | |||
Fabio Capello (gebore 18 Junie 1946) is ’n Italiaanse voormalige professionele sokkerspeler en afrigter.[1]
As speler het Capello vir SPAL, Roma, AC Milan en Juventus gespeel. Hy het as ’n middelvelder gespeel en het verskeie trofeë gewen gedurende sy loopbaan van meer as 15 jaar. Hy het die Coppa Italia met Roma in 1969 gewen, maar hy was die suksesvolste by Juventus, waar hy drie Serie A-titels gewen het in 1972, 1973 en 1975. Met Milan het hy weer die Coppa Italia in 1977 gewen en ook nog ’n Serie A-titel in 1979. Capello het ook internasionaal vir Italië gespeel, met 32 wedstryde en 8 doele.
In sy eerste vyf seisoene as afrigter het Capello vier Serie A-titels met Milan gewen (1991/92, 1992/93, 1993/94, 1995/96), en hy ook die UEFA Champions League in 1993/94 gewen met ’n 4–0 oorwinning teen Barcelona in die eindstryd. Daarna het hy ’n jaar by Real Madrid gewerk, waar hy die La Liga-titel in sy eerste seisoen gewen het. In 2001 het hy Roma gelei na hul eerste ligatitel in 18 jaar. Capello het ook twee titels by Juventus gewen (wat later weggeneem is ná die Calciopoli-skandaal), en in 2006 het hy teruggekeer na Real Madrid, waar hy nog ’n La Liga-titel gewen het.
In totaal het hy ’n groot liga-kampioenskap gewen in sewe (of nege, as die twee herroepe titels met Juventus getel word) van sy 16 seisoene as afrigter. Hy word beskou as een van die beste afrigters van alle tye.[2][3]
Capello is in Desember 2007 as afrigter van die Engelse nasionale span aangestel. Tydens sy tyd as afrigter het hy goed gevaar in kwalifikasie en die span gelei na die Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika, waar hulle in die ronde van 16 teen Duitsland uitgeskakel is by die Vrystaatstadion in Bloemfontein, nadat ’n klaarblyklike doel vir Engeland afgekeur is.
Hy het daarna sy afrigtingsloopbaan voortgesit as hoofafrigter van die Russiese nasionale span en die Chinese klub Jiangsu Suning, voordat hy as afrigter afgetree het.
Verwysings
[wysig | wysig bron]- ↑ Canepari, Luciano. "Fabio". DiPI Online (in Italiaans). Besoek op 26 Oktober 2018.
- ↑ The top 50 managers of all time The Times
- ↑ "Greatest Managers, No. 20: Capello". ESPN FC. 6 Augustus 2013. Besoek op 7 Februarie 2015.
